KYK: Gedenkdiens vir ontslape Wannenburg in Texas gehou

KYK: Gedenkdiens vir ontslape Wannenburg in Texas gehou

‘n Gedenkdiens sal Woensdagaand vir die ontslape voormalige Springbok-rugbyspeler Pedrie Wannenburg in Texas plaasvind.

pedrie wannenburg
thesouthafrican.com

Die diens sal regstreeks om 18:00 Suid-Afrikaanse tyd vanuit Inspire Church in Houston uitgesaai word.


Wannenburg is verlede maand in ‘n gru-botsing dood.


Sy vrou en dogter is ongedeerd terwyl sy 8-jarige seun besig is om van sy ernstige beserings te herstel.


Die polisie in Texas het 'n 16-jarige seun in hegtenis geneem in verband met die dood van die voormalige Springbok-rugbyspeler.


Die verdagte was glo besig om van die polisie te vlug toe hy die kettingbotsing veroorsaak het.


Hy staar verskeie aanklagte in die gesig, waaronder moord en aanranding met verswarende omstandighede.


Die voormalige Springbok en Blou Bul het voor sy dood ‘n plaaslike rugbyklub afgerig.


Kyk die gedenkdiens hier.

 

LISTEN TO more news Jacaranda
Jacaranda FM

Show's Stories