LUISTER: Afrikaanse media - skeppend en onafhanklik op 100

LUISTER: Hoe die media Afrikaans help skep het

In Afrikaans se verjaarsdagmaand vier ons die media se bydrae  tot die skep van duisende woorde, en ook diegene wat onverskrokke baklei het vir die taal se onafhanklikheid van die politiek van die dag. 

100 Jaar van Afrikaans web artwork
JacPod

In Episode twee van 100 Jaar van Afrikaans vertel van die groot name in die media bedryf hoe die Afrikaanse media, die taal help slyp het. 

Luister hier: 

In die eerste Afrikaanse koerant, Die Burger, was daar aanvanklik geen sportblaaie nie. Was dit nie vir ‘n Walliese, en Engelssprekende nagvoorman Jannie Fall nie, sou dit waarskynlik langer gevat het om ‘n sportblad in die koerant te hê. 


Hy’t sportartikels in die koerant ingesmokkel en volgens Bun Boooyens, voormalige redakteur van Die Burger, het hy ‘n groot bydrae gelewer to die ontwikkeling van die spor tterminologie wat ons vandag steeds gebruik. 

“Hy’t byvoorbeeld gholf gespeel,” sê Booyens. 


“Hy moes sy sak gholfstokke inbring na Die Burger se kantore, en dan moes hy demostreer: hoe lyk ‘n “put” en ‘n bofhou en  watookal die dinge is. UIt dit is ru-veld en setperk en die hele terminologie geskep.” 

Dan praat ons nie eens van tennis of rugby nie. 

Springbokke 1921 (Foto: Wikipedia)
Wikipedia

Die taal is egter sedert 1948 toenemend ingespan om die stem van die ideologie van Afrikaner Nasionalisme te word. 

Bekende joernalis en skrywer, Max du Preez, was in die veld op 16 Junie 1976 toe Soweto se jeug opgeruk het teen Afrikaans as onderrigtaal in skole. 

“Dit was een van die motiverings gewees in my joernalistieke lewe: My weersin daarin dat my taal, waarvoor ek so hartstogtelik lief is, misbruik is vir politieke doeleindes,” sê hy.   

Jacaranda FM se voormalige nuusredakteur, Alet van Rensburg Wright, vertel boonop haar ervaring van die SAUK in die laat ‘80’s, toe sy by ‘n radio nuus- aktualiteitsprogram gewerk het. 

“Die hele regering was omtrent Afrikaans, en hulle het almal Monitor geluister,” vertel sy. 

“Behoede jou as jy nou iets sê of doen waarvan hulle nie gehoou het nie. Dan’s jy ingeroep deur bestuur, want die politici het die nuusbestuur gebel en dan was daar groot moeilikheid.” 

Sy sê egter dit het hulle destydse min geskeel.  

“Ons was só rebels. O, genade  tog! Verskriklik rebels. Ons het ook eendag – die hele span – betoog buite die SAUK teen NP (Nasionale Party) propoganda.” 

Danksy ‘n generasie van onverskrokke joernaliste en die koms van demokrasie, is die juk van sensuur afgegooi, en hoewel daar steeds baie werk voorlê om die politieke verbintenis met die taal geheel en al te breek, meen Van Rensburg Wright veral plekke soos Jacaranda FM, is besig om veld te wen. 

“Dit was lekker om in Afrikaans te werk, maar ook nie net Afrikaans nie. Dit het ook meer inklusief geraak, dit het alle mense ingesluit, en dit was vir my verskriklik lekker. Ek dink altyd terug aan daai tyd as van die lekekrste tye wat ek in nuus gewerk het.”   

100 Jaar van Afrikaans is ’n oorspronklike JacPod mini potgooireeks 

Dié reeks delf in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans, fokus op die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare, en waag voorspellings oor waarheen die taal op pad is.

Die reeks is vervaardig en aangebied deur Jacaranda FM Nuus se Marlinée Fouché. 

Marlinée Fouché (Foto: Ruan Blignaut)
Marlinée Fouché (Foto: Ruan Blignaut)

Luister hier na vorige episodes: 

Show's Stories