[LUISTER] Joost se broer oor padnaamverandering voorstel: 'Dit is regtig spesiaal''

[LUISTER] Joost se broer oor nuwe pad naam voorstel: 'Dit is regtig spesiaal'

Joost van der Westhuizen se broer Pieter het reageer op die voorstel deur die Gautengse regering om die R50 te hernoem na Joost van Der Westhuizen-rylaan. 

joost and family
Amor and Joost's two children on the beach / Facebook.

Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer het Maandag bekend gemaak dat 'n reeks nuwe name voorgestel word vir hoofweë en provinsiale paaie. 

Een van die voorstelle is die hernoeming van die R50 na die ontslape Springbok legende.

Hy is in Februarie 2017 in die ouderdom van 45 aan motor neuron siekte oorlede.

LEES OOK: Pad in Pretoria word binnekort na Joost van der Westhuizen vernoem

Van der Westhuizen was deel van die Springbokspan in die Rugby Wêreld Beker toernooie, die mees bekende hiervan die 1995 toernooi wat op dramatiese wyse deur die Springbokke gewen is. 

Die departement sê die publiek sal kans gegun word om insette oor al die nuwe voorstelle te lewer, as deel van die konsultasie proses. 

Pieter van der Westhuizen, sê dit is 'n spesiale oomblik vir sy familie om te kon hoor van die eer wat Gauteng sy broer wil oplê. 

"Ons is baie, baie trots en voel geëerd na soveel jare dat die pad na Joost vernoem word - dit is regtig spesiaal vir ons."

Luister na Pieter van der Westhuizen hieronder:

 

Pieter sê verder dat Joost se familie hom baie mis. 

"Hy het die lewe baie geniet - hy het ons baie laat lag," sê Pieter. 

Luister na Pieter van der Westhuizen se eerbetoon aan sy broer hieronder: 

Show's Stories