‘Sepie-koning’ Franz Marx sterf
Updated | By Jacaranda FM
Die bekende Suid Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger Franz Marx is oorlede.
Hy was 78.
Marx, wat agter bekende televisie programme soos Egoli: Plek van Goud en Agter Elke Elke Man gesit het, is in Pretoria oorlede na hy vroeër Covid-19 opgetel het.
Marx is op 21 Maart 1942 gebore en het in 1968 sy debuut as akteur gemaak in die rolprent Jy is my liefling teenoor Min Shaw.
Die bekende film kritikus Leon van Nierop se die sukses wat Marx behaal het met Egoli het hom die titel ‘Koning van Sepies’ besorg.
“Egoli was die eerste daaglikse Afrikaanse sepie. Ek het hom gehelp skryf aan Egoli vir die eerste twee jaar.
“Alles wat ek van sepies weet, en ek bedoel alles, het ek by hom geleer. Wat om te doen, wat om nie te doen nie, hoe om te konstrueer, hoe om nie te konstrueer nie.
“Franz – ‘n grote is daarmee heen. Ons gaan jou leiding, jou liefde en jou humorsin geweldig, geweldig mis.”
Show's Stories
-
VIDEO: How often should you be washing your pyjamas?
It's the question you didn't know you needed answered.
The Drive with Rob & Roz 33 minutes ago -
VIDEO: Long lost painting bought for R600-million at auction
The painting was thought to have been missing for 100 years.
The Drive with Rob & Roz 44 minutes ago