Nuut op VIA: 'My Berge Met Bouwer'

Nuut op VIA: 'My Berge Met Bouwer'

Ons is opgewonde oor Bouwer Bosch se nuwe TV-program!

Schalk on VIA
Source: Supplied/VIA

Bouwer Bosch het Donderdag op Breakfast with Martin Bester gekuier om te gesels oor Straatligkinders en Francois van Coke se nuwe liedjie, ‘Dapper’.

Ook oor sy splinternuwe program op VIA! 


LEES: Straatligkinders is back with another hit featuring Francois van Coke 

My berge met Bouwer, ’n gesels- en reisprogram aangebied en vervaardig deur Bouwer Bosch, reis in elke episode deur een van Suid-Afrika se mooiste bergpasse. Hierdie reis dien as metafoor vir die berge wat verskeie bekendes ook al deur is.

Hierdie splinternuwe VIA-reeks bestaan uit 13 episodes wat elk bestaan uit ’n bekende gas wat saam met Bouwer in studio gesels oor ’n uitdaging waardeur hulle gewerk het, en ’n nuwe bergpas wat Bouwer met sy motorfiets deurry.

Bouwer het spesifiek by mans aangeklop om gaste te wees. Hy meen dat dit goed is om te wys hoe mans oor emosionele berge kan praat en dat dit gesond is om te erken dat jy nie al die antwoorde het, en somtyds nie die sterk figuur hoef te wees nie.

LEES: Lessing Konfyt: Van stokperdjie tot suksesvolle besigheid

Om met vrymoedigheid oor moeilike onderwerpe te gesels, is wat Bouwer dryf.

Wat hom natuurlik dra in hierdie reeks is sy 1981-BMW R80 GS-motorfiets, Trompie. 

In elke episode, pak hy ook ’n berg in sy persoonlike lewe aan. Bouwer Bosch vertel aan Martin Bester dat hierdie is een van die hoogtepunte van sy loopbaan!


Kyk 'My Berge Met Bouwer', elke Dinsdag om 21:00 op VIA (kanaal 147). VIA is ook beskikbaar op Catch Up en in die DStv-app.

Jy kan nog uitsien na Schalk Bezuidenhout, Refentse, Rassie van der Dussen, Loufie en nog vele meer gaste soos Bouwer van Mpumalanga se Carlisleshoekspruit pas na die Tankwa se Oubergpas reis.

refentse VIA
Source: Supplied/VIA
Loufi on VIA
Source: Supplied/VIA

Luister na 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae 06:00 - 09:00. Stroom die program regstreeks hier of kry ons mobiele app hier.

Foto: Verskaf/ VIA

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories