Bobby van Jaarsveld en sy vrou skei
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het Sondag op sosiale media bevestig dat hy en sy vrou, Annatjie, gaan skei.
Na 13 jaar van getroude lewe kom die sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, se huwelik tot 'n einde.
Die 'Spieëltjie'-sanger het die hartseer nuus in 'n kort verklaring op sosiale media gedeel.
LEES: SA sangeres se ma sterf
Volgens Maroela Media was die paartjie vir 13 jaar getroud en is al vanaf skooldae bymekaar.
"Soms lyk onvoorwaardelike liefde anders as wat die blote oog sien," lui die verklaring wat deur albei onderteken is.
"Ek en Anna het saam, na baie oorweging, die moeilikste besluit van ons lewe ooit geneem – om ons huwelik te beëindig," het die paartjie geskryf.
"Ons het soveel wonderlike oomblikke en jare saam gedeel en sal altyd vir mekaar lief wees en omgee."
Bobby en Anna is al reeds vanaf 2011 getroud en het twee seuns en 'n dogter saam.
"God het ons geseën met drie pragtige kinders, en hulle sal altyd ons eerste prioriteit bly.
"Al verander ons verhouding as 'n paartjie, is ons beide toegewyd om ons kinders saam groot te maak as vriende, met dieselfde liefde wat hulle tot dusver ervaar het."
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
Verder het hulle ook gevra dat hulle as gesin gerespekteer sal word in dié moeilike tyd.
"Ons is dankbaar vir almal se liefde en ondersteuning.
"Ons versoek dat ons as gesin asseblief gerespekteer sal word in hierdie moeilike tyd, sodat elkeen afsonderlik, en saam, 'n pad van genesing kan stap."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Prominent figures we lost in 2025
In 2025 the world said goodbye to many prominent figures. Here are a few...
Breakfast with Martin Bester 55 minutes ago -
Eben Etzebeth reveals what happened during eye gouge incident
Springbok lock Eben Etzebeth has finally broken his silence and told his...
Breakfast with Martin Bester 13 hours ago