'Dit was só romanties' - Amor Vittone praat oor haar verlowing

'Dit was só romanties' - Amor Vittone praat oor haar verlowing

Sangeres Amor Vittone het eksklusief met Breakfast with Martin Bester gesels oor haar verlowing.

AMOR VITTONE BREAKFAST WITH MARTIN BESTER NEW
Jacaranda FM

Amor Vittone het Woensdag, 29 Januarie, die fantastiese nuus gedeel dat sy en haar nuwe liefde, Marius van Biljon, verloof is.

Vittone het 'n foto van haar pragtige verlowingsring op sosiale media gedeel.

"Ek het ja gesê," het sy by die foto geskryf.

LEES: Amor Vittone sê die ja-woord

Die paartjie het met Breakfast with Martin Bester gesels oor die spesiale oomblik.

Tydens 'n vakansie het sy haar naam gehoor terwyl sy deur 'n verkyker gekyk het opsoek na dolfyne, en sy het dadelik gewonder: "Dit is ernstig, want gewoontlik is dit 'baby' of 'angel'."

"Dit was mooi. Ek het uitgebars in trane."

"In Augustus het ek presies neergeskryf waarna ek opsoek is… en my ma het ook altyd gebid vir die regte persoon. Maar alles gebeur op die regte tyd."

Luister na die onderhoud hieronder. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories