Franja du Plessis is verloof!

Franja du Plessis is verloof!

Die Suid-Afrikaanse sanger het onlangs haar verlowing aangekondig.

FRANJA DU PLESSIS AND Phillip van der Merwe
Facebook/ Franja du Plessis

Franja du Plessis, die Suid-Afrikaanse sanger en aktrise, en dogter van die bekende Juanita du Plessis, het 2026 op 'n hoogtepunt begin.

Die 'Lisensie'-sanger het Donderdag, 8 Januarie, op sosiale media die goeie nuus gedeel dat sy en haar kêrel, Phillip van der Merwe, verloof is.

"Uiteindelik het ek jou gekry – my lief, my hart, my huis," het die 32-jarige geskryf.

KYK: Martin Bester kuier op 'Binnelanders'

In haar plasing het Du Plessis pragtige foto's van haar verlowing gedeel. 

Die foto's sluit die oomblik in toe Van der Merwe op een knieg gegaan en die vraag gevra het, sowel as 'n foto van die blink diamant aan Franja se linkerhand.

In een foto hou die paartjie selfs 'n Namibiese vlag vas op die strand waar hulle verloof geraak het.

Kyk hier:

Talle bekendes, insluitend Karlien van Jaarsveld, Bernice West, Riana Nel, Janie Bay en Willem Botha, het die paartjie gelukgewens.

KYK: Roux skop 2026 af met Adele se 'Someone Like You' op Friday Live

"Geluk, Franja! Mag julle liefde God die middelpunt maak en ander wys wie Hy is," het Riana Nel geskryf.

"Omw, ek wil eintlik huil. Ek is soooo bly, Franini, wow," het Karlien van Jaarsveld gesê.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Franja du Plessis

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories