Geliefde Suid-Afrikaanse akteur sterf

Geliefde Suid-Afrikaanse akteur sterf

Die geliefde sanger en akteur is op Woensdag 26 November oorlede.

MATT STERN WITH PIANO
Facebook/ Skermgreep

Huldeblyke het op sosiale media ingestroom ná die hartseer nuus dat die geliefde Suid-Afrikaanse sanger en akteur Matt Stern gesterf het.

Stern, gebore Smit, was te sien in talle Afrikaanse sepies en reekse soos 'Molly en Wors', 'Binnelanders' en die kykNET-komedie 'Huis Lelieveld'.

Die akteur was ook geen vreemdeling op die verhoog nie.

Hy was te sien in produksies soos 'Les Misérables', 'Into the Woods', 'Grease' en 'The Rocky Horror Picture Show'.

KYK: Tasché en haar Jo-Lene verwag eersteling

Sy rolle sluit ook internasionale flieks soos 'District 9' en 'Invictus' in.

Die '7de Laan'-akteur se afsterwe is op Woensdag 26 November deur sy familie bevestig.

Volgens Maroela Media is die 54-jarige met ’n lekkende hartklep gebore en hy moes later in sy lewe 'n hartklep-operasie ondergaan.

KYK: SA-sanger maak noodlanding na vliegtuig brandstofprop afkom

Stern het voor sy afsterwe komplikasies met sy hartklep ervaar, en sy toestand het daarna vinnig verswak.

Op Woensdag het sy hart uiteindelik ingegee.

Hy laat sy dogter, broers en skoonsus agter, en die familie vra tans vir privaatheid terwyl hulle rou.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.


Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories