'Hulle doen lelike goeters soos werk,' sê seun in video oor skool

'Hulle doen lelike goeters soos werk,' sê seun in video oor skool

Die jong man is al reeds moeg vir skool…

SEBASTIAN STEYN TIKTOK VIDEO
TikTok/ Screenshot

Klein Sebastian Steyn was nie skaam om sy gevoelens oor sy skool met sy ma, Kerryn, te deel nie.

Steyn het oornag harte gesteel nadat sy ma 'n video op TikTok gelaai het waarin hy verduidelik hoekom hy nie skool toe wil gaan nie.

KYK: Swartmamba kuier in Mpumalanga-inwoner se stort

Volgens George Herald, het Kerryn haar seun uitgevra oor 'n stamp op sy kop nadat hy buite gespeel het. Dis toe dat hy besluit het om sy ware gevoelens oor sy skool met haar te deel.

Die jong man se antwoord toe sy ma hom vra hoekom hy nie meer "in daai skool wil wees nie," het harte gesteel.

Volgens Steyn doen hulle lelike goeters by sy skool "soos werk."

"Ruimtetuigers [sy skooltjie] is nie mooi nie," het hy bygevoeg.

Verder in die video maak Steyn dit baie duidelik aan sy ma dat hy nie "in daai skool wil wees nie" of in enige ander skool eintlik.

Hy wil ook nie in "graad twee of graad ses of graad vyf of graad een" wees nie.

LEES: Klein Eben Beukes kry sy engel-vlerkies

Kerryn het glo alles gedoen om haar lag in te hou tydens haar seun se ernstige praatjie.

Volgens George Herald het Sebastian selfs mense in Nederland bereik.

Die oulike video het al meer as 700 000 kyke op TikTok.

Kyk hier: 

@krae_kweden Hulle doen lelike goeters by die skool. Soos werk. Ruimtetuigers is nie mooi nie! Dit gaan beter in Graad 6. 😂 @Kfm 94.5 @Radioraps/Rikus de Beer @katinkadiekat_official @Jacaranda FM @KiKi @Irene-Louise Van Wyk #sebastiansteyn #george #skoolislelik ♬ original sound - K-Rae KW Eden

Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 - 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

Listen to Jacaranda FM: 

Follow us on social media:

Images: TikTok/ Screenshot

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories