KYK: Bekende Suid-Afrikaanse sanger verloof!
Updated | By Jacaranda FM
Die paartjie het in die Krugerwildtuin verloof geraak.
Die Suid-Afrikaanse sanger Ivan Roux het onlangs die jawoord aan sy pragtige blondekop-meisie, Dané Venter, gevra.
In 'n sosiale media-plasing op Donderdag 18 Desember het die paartjie pragtige foto's gedeel om hul verlowing aan te kondig.
Dié foto’s wys onder andere hoe Roux op een knie afgaan om die jawoord te vra, terwyl Dané 'n traan pink.
KYK: Demi Lee Moore en Roan Ash sluit 2025 met asemrowende duet af
"Ek was nie altyd die maklikste man nie. Dankie dat jy by my bly staan het en my aanhou kies het, selfs deur tye waar jy tien teen een moes loop, want ek was nie altyd die beste man nie," het die sanger op Instagram geskryf.
"Dit het my lank geneem om te besef dat ek, met harde werk en die Here agter my, stadig maar seker kon verander in die man waaroor jy al so lank droom – vir jou en ons kinders."
"So baie om te sê, maar dit sal met tyd kom," het hy afgesluit.
Roux is veral bekend vir treffers soos 'Pitte' en 'Daai ding', en was te sien in die TV-sangkompetisie 'Die Kontrak' in 2018, waar hy tweede plek behaal het.
Volgens Maroela Media is die sanger se verloofde ook geen vreemdeling van die silwerskerm nie.
Dané het in die werklikheidsreeks 'Houvrou of Trouvrou' verskyn, waarin sy teen die sosiale media-ster Nastassja Kriel meegeding het.
KYK: SA sosiale media-persoonlikheid en rugby-ster trou
"Ek het ja gesê vir my beste vriend, my veilige spasie en die liefde van my lewe. Van 'n gesin saam bou tot 'n toekoms saam bou – ek sou nie hierdie lewe saam met enigiemand anders kies nie. Vir altyd begin nou," het Venter op Instagram geskryf.
Die paartjie het reeds een kind saam, 'n seuntjie, Connor, wat in Mei 2023 gebore is.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Ivan Roux
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Brooklyn Beckham's father-in-law weighs in on family feud
The Beckham family has been making headlines for all the wrong reasons.
The Drive with Rob & Roz 22 hours ago -
LUISTER: Rob Forbes en Rozanne McKenzie se eerste liedjie 'Wit Warm Boude' is hier!
Julle het gevra en ons het geluister...
The Drive with Rob & Roz 22 hours ago