KYK: Brand breek uit naby SA-sangeres se huis

KYK: Brand breek uit naby SA-sangeres se huis

"Maar dit laat mens gou weer besef hoe vinnig iets kan gebeur."

FIRE AT COMPLEX
Facebook/ Skermgreep

Net voor middernag op Maandag, 29 September, het die sangeres Irene-Louise van Wyk 'n ontploffing gehoor, gevolg deur iemand wat in haar kompleks geskree het.

'n Paar minute later het iemand op die kompleks-groep laat weet dat daar 'n huis aan die brand is.

Kyk hier: 

"Ek het so groot geskrik, want jy dink dadelik: Is almal binne die huis okay? Gaan die vuur versprei? Wat as dit by ons uitkom? Waar is al my diere?" Het die ‘Tekkies Brand’-sangeres op haar Facebook-plasing geskryf.

KYK: Tuinier vang drie pofadders in slegs 'n minuut

Van Wyk het vertel dat mense in die kompleks vinnig ingespring het om te help.

Die brandweer het glo eers 30 minute ná die noodoproep opgedaag.

"Teen daardie tyd het my kerel, Dirk, en twee ander manne die vuur onder beheer gekry."

Alhoewel die insident baie stresvol was, het die bekende sangeres dié plasing oor die brand gemaak om mense te herinner hoe vinnig so iets kan gebeur.

"Wanneer sulke goed gebeur, word dinge net weer in perspektief gesit," sê sy

"Dit laat mens gou net weer besef hoe vinnig iets kan gebeur."

KYK: Renoster verwoes Hilux-bakkie tydens vreesaanjaende aanval

"Vandag is net weer 'n herinnering om niks as vanselfsprekend te neem nie."

Volgens haar plasing het die familie betyds uit hulle huis gekom en almal was veilig.

Sy het ook dankie gesê aan haar kompleks-gemeenskap wat so vinnig ingespring het om te help.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Facebook Skermgreep/ Irene-Louise van Wyk

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories