KYK: Demi Lee Moore deel trouvideo in nuwe musiekvideo
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Demi Lee Moore het oomblikke van haar troue in haar musiekvideo vir 'Outydse Liefde' gedeel.
Vier jaar na die vrystelling van haar laaste album, 'Jy Ken My Naam,' is die geliefde Demi Lee Moore terug met 'n nuwe, opwindende album.
In haar nuutste album, 'Klein Dingetjies,' skryf Moore ook 'n "liefdesbrief" aan haar man, Barthlo Visagie.
LEES: Só het Demi Lee Moore en haar man ontmoet...
'Klein Dingetjies,' wat agt pragtige snitte bevat, is op Vrydag, 21 Maart 2025, op alle stroomdienste beskikbaar gestel.
Dié album sluit gewilde liedjies soos 'Hart Breek' en 'Net Myne' in, sowel as ses splinternuwe liedjies, insluitend haar nuutste enkelsnit, 'Die Mooi in Jou,' en haar weergawe van die liedjie 'Outydse Liefde'.
Op 14 Maart het Moore 'n "diep persoonlike en opregte liefdeslied" aan haar man, Barthlo, uitgereik met haar enkelsnit 'Die Mooi in Jou'.
"'Die Mooi in Jou' is op 7 Januarie vanjaar op my en my man, Barthlo, se huweliksherdenking geskryf. Ek het dit regtig uit my hart geskryf. Die son skyn altyd deur Bart se oë – hy sien tog net die mooi in my," sê Demi Lee.
Verder sluit die album ook Demi se weergawe van Gian Groen se liedjie 'Outydse Liefde' in.
LEES: 'Knyp my, ek droom' - Demi Lee Moore pryk in New York
Sy het Vrydag, 28 Maart, 'n musiekvideo vir die liedjie uitgereik, waarin sy haar en haar man se trouvideo ook gedeel het.
Kyk hier:
Moore het ook onlangs 'Outydse Liefde' op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: YouTube/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Prominent figures we lost in 2025
In 2025 the world said goodbye to many prominent figures. Here are a few...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Eben Etzebeth reveals what happened during eye gouge incident
Springbok lock Eben Etzebeth has finally broken his silence and told his...
Breakfast with Martin Bester 13 hours ago