KYK: Elandré sing Tina Turner se 'The Best'
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Elandré sing 'The Best' van die ikoniese Tina Turner.
Dit is Woensdag bevestig dat koningin van 'Rock 'n Roll', Tina Turner op die ouderdom van 83 dood is.
Breakfast with Martin Bester het Donderdag huldeblyk gebring aan die ikoniese kunstenaar.
Sy was sowaar "simply The Best"!
BREAKING NEWS: Tina Turner has died
Afrikaanse sanger, Elandré het 'n akoestiese weergawe van Tina Turner se 'The Best' gesing op Breakfast with Martin Bester.
Die sanger en liedjieskrywer het ook sy nuutste enskelsnit 'Lieflik' bekend gestel.
Hierdie Oos-Kaaps gebore sanger-liedjieskrywer het met die intrapslag groot opslae gemaak nadat sy regstreekse aanlynweergawe van Bruce Springsteen se 'Tougher Than the Rest' miljoene trefslae internasionaal versamel het, dit sou kort daarna lei tot ‘n platekontrak vir die voormalige teaterstudent.Dit was kort daarna oortref met die platinumverkopende-oorspronklike debuut album 'Kleindorp Dromer', gevolg deur die album 'Boomhuis' en bekroonde Europop-geïnspireerde derde album 'Rugsak'. Wydverspreide toere, gasoptredes en treffende musiekvideo’s getuig oor die vernuwende werk van dié dinamiese Suid-Afrikaanse kunstenaar.
In die na-gloei van sy triomfanklike 'Elandré Simfonies'-toer en legendariese 'Maak Wakker' samewerking met Francois van Coke, versnel die opspraakwekkende liedjieskrywer verder met ‘n nuwe enkelsnit 'Lieflik' op 5 Augustus 2022.
'Lieflik' slaan terug na Rockspaaider Band Battles, Hoërskool hoogtepunte en hartseer, met ‘n klankbaan direk uit ‘n tienerfliek. Elandré herbesoek en herskryf ‘n paar reëls uit die Hoërskoolhandboek en oorbrug gelyktydig die eeue oue gaping tussen veld en verhoog.
'Lieflik' is tans beskikbaar.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Céline Dion returns to stage for the first time in six years
"I made a promise to come back, to be back on stage."
Breakfast with Martin Bester 9 hours ago -
Rassie Erasmus and Siya Kolisi go bald after final New Zealand match
Rassie Erasmus and Siya Kolisi showed off new bald looks after the Springb…
Breakfast with Martin Bester 10 hours ago