KYK: Franco Mostert en sy vrou 'trou' vir 'n tweede keer
Updated | By Jacaranda FM
Die Mosterts het hulle 10de huweliksherdenking gevier deur hulle kinders deel te maak van hul ‘troue’.
Springbok-slot Franco Mostert en sy vrou, Juan-Ri, het hulle 10de huweliksherdenking gevier deur ’n tweede huwelikseremonie te hou waar hulle kinders ook teenwoordig kon wees.
Martin Bester het die paartjie gelukgewens en meer gesels oor die spesiale dag.
“Ons kinders wou só graag op ons troue wees,” het Juan-Ri op ’n Facebook-plasing saam met foto’s van hul ‘tweede troue’ geskryf.
“Daarom het ek dit goed gedink om hulle deel te maak van die 10de verjaarsdag van ons gesin, die Mostertsaadjies.”
Volgens YOU het die kinders ’n belangrike rol by die troue gespeel.
“Die kinders het voor my uit geloop en blomme gestrooi. Hulle was my blommeisies en blommeseun,” het Juan-Ri aan YOU vertel.
LEES: 'Dit was só romanties' - Amor Vittone praat oor haar verlowing
Die paartjie het hulle 10de huweliksherdenking voor die eintlike datum van 11 Desember gevier, aangesien hulle gewoonlik alleen in Japan is op die oorspronklike datum.
“En hier het ons gedink om ons 10de huweliksherdenking vroeër te hou, sodat ons dit saam met ons vriende en familie kon vier,” het Juan-Ri gesê.
Alhoewel die paartjie die dag vroeër wou vier omdat hulle by familie wou wees en gewoonlik alleen is op daardie dag, was hulle wel nie hierdie keer bymekaar op hul eintlike huweliksherdenking nie.
“Nooit in my wildste drome het ek gedink dat ek en Franco nie vandag by mekaar sou wees nie.”
LEES: SAUK skuif Afrikaanse nuus na oorspronklike kanaal en tyd
Nietemin kon die paartjie wel pragtige foto’s van hul tweede troue, wat saam met familie en vriende gevier is, deel.
“Nou is ek ekstra dankbaar ons het dit só gedoen,” het Juan-Ri geskryf.
Kyk hier:
Alhoewel hulle hul kinders deel kon maak van die mooi dag, het die paartjie steeds vasgehou aan die “belangrikste en spesiaalste” eienskap van die seremonie – 'n dekade lange huwelik.
“Ek is nederig dankbaar vir God se goedheid en guns oor ons lewe. 20 jaar van ken, 10 jaar getroud, drie verskillende lande, té veel huise om te tel en drie pragtige kinders.”
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Juan-Ri Mostert
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Less braai and more savings: why South Africans are cutting down on braai-time
Telling South Africans they can't braai is like telling us loadshedding ...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
WATCH: Shoppers shocked as Rihanna does her own shopping
The billionaire businesswoman had a hilarious interaction with a fellow ...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago