KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dié Suid-Afrikaanse aktrise en haar man het onlangs die goeie nuus op sosiale media gedeel.
Simoné Pretorius en haar man, Andries, het onlangs aangekondig dat hulle, hulle derde kind verwag.
Pretorius het die nuus op sosiale media aangekondig waar sy pragtige foto's van haar baba-boep, sowel as 'n sonar-foto, gedeel het.
Die paartjie het ook aangedui dat hierdie moontlik hulle laaste kind sal wees.
KYK: Seun laat sosiale media gons met 'Lyfie'-danspassies
"One last rodeo," het die 'Hartklop'-aktrise op die Instagram-plasing geskryf.
Volgens Simoné se plasing sal die derde Pretorius-baba in Mei 2025 hier wees.
Kyk hier:
Die glanspaartjie het reeds twee pragtige kinders saam.
KYK: Aktrise Simoné Pretorius deel eerste foto van 'perfekte' Jamie
Hulle het 'n dogter, Harper, wat in Mei 2021 gebore is en hulle seun, Jamie (James Andries), wat in Januarie 2024 gebore is.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
The difference between use-by, sell-by and best-before dates
This is your guide to understanding use-by, sell-by and best-before dates.
Breakfast with Martin Bester 24 minutes ago -
Popular drinks that were discontinued in SA
Do you remember some of these popular drinks that were discontinued?
Breakfast with Martin Bester an hour ago