KYK: Jong boerseuns praat isiXhosa in oulike video
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Twee boeties het sosiale media laat gons met hul isiXhosa-vaardighede in 'n onlangse video.
Twee jong boerseuns wat isiXhosa in 'n video praat, het miljoene Suid-Afrikaners aan die praat gekry.
Dié video is op die Facebook-blad 2Broer Dormers, 'n sosiale media-blad vir die plase Lower Orpendale en 2 Broers Dormers Stud in die Oos-Kaap, geplaas.
Meer as 1,6 miljoen mense het reeds die video gekyk.
Kyk hier:
Jong Lochner (4) en sy boetie Steyn Steenekamp (2) het isiXhosa in die video gepraat om hul pa, Tjaart, se skape, wat op die veiling is, te vertoon.
KYK: Amor en Joost se seun vier 21ste verjaarsdag
Die doel van die video was om mense na hul veiling van 100 ramme en ’n paar honderd ooie op 31 Januarie op die plaas te nooi.
"Vir al ons Xhosa-sprekende kopers, ons nooi julle hartlik uit na ons jaarlikse produksieveiling op 31 Januarie," het Tjaart op sosiale media geskryf.
"My 4-jarige het 'n spesiale boodskap vir julle! Geniet dit!"
KYK: Bernice West verwelkom eerste bondeltjie vreugde
"My trots, my twee bulle! Ons is geseënd om julle op die plaas groot te maak. Dankie dat julle nog jol soos ons gejol het met ons plaasmaatjies en Xhosa kan leer saam met hulle," het Tjaart verder geskryf.
Volgens Netwerk24 is Tjaart en Karla Steenekamp, die ouers van die oulike seuns, stoetskaaptelers van die plaas Lower Orpendale by Barkly-Oos in die Oos-Kaap.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
Show's Stories
-
Eben Etzebeth reveals what happened during eye gouge incident
Springbok lock Eben Etzebeth has finally broken his silence and told his...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago -
Helpful tips to help keep pets away from Christmas trees
Keep your pets and Christmas tree safe this festive season with these tr...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago