KYK: "Klein Dirk van der Westhuizen" laat SA gons
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Graad 1-leerder het onlangs harte gesteel met sy oulike optrede van Dirk van der Westhuizen se liedjie 'Komeet'.
Laerskool Bakenkop in Centurion het onlangs sosiale media laat gons met 'n oulike video wat op die skool se Facebook-blad gedeel is.
Die video van Maison Strydom in Graad 1, wat Dirk van der Westhuizen se liedjie 'Komeet' opgetree het, het talle mense laat glimlag.
LEES: Bobby van Jaarsveld en sy vrou skei
Strydom het die liedjie van sy "grootste bewonderaar" met passie aangepak en homself ten volle in die optrede ingelewe.
Hy het selfs dieselfde "moves" as Dirk uitgehaal.
Voor sy optrede het Maison die video begin deur die optrede aan Juffrou Tertia op te dra.
Volgens die Facebook-plasing is Maison soms te skaam om op die verhoog te sing of te dans, maar wanneer hy in sy eie omgewing is, is hy 'n "klein Dirk".
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
"Dirk weet hoe mal is hy oor hom en het selfs al vir hom kaartjies gegee om Krone verlede jaar te gaan kyk en het hom al op die verhoog geroep," lui die plasing.
"Hy woon graag saam met sy ouers Dirk se optredes by."
"Hou aan sing, Maison, ons dink jy gaan nog daardie volgende groot sanger word vir wie Dirk kom kyk."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Skermgreep
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Ontmoet die aanbieder van die 'Vaal Riviera'-reünie
Die 'Vaal Riviera'-reünie-episode is op pad, en die aanbieder wat al die...
Breakfast with Martin Bester 5 hours ago -
WATCH: Learner driver confronts and humiliates taxi driver
"We're so desensitised but learner was having none of it. Love that for ...
The Drive with Rob & Roz 21 hours ago