KYK: SA sosiale media-persoonlikheid en rugby-ster trou

KYK: SA sosiale media-persoonlikheid en rugby-ster trou

Só het die glanspaartjie se troue gelyk…

NASTASSJA RAS EN JACO KRIEL TROU
Instagram/ Nastassja Kriel

Voormalige Springbok-rugbyspeler Jaco Kriel en sosiale media-persoonlikheid Nastassja Ras, het onlangs hul ewige liefde aan mekaar verklaar.

Die glanspaartjie het vroeër die jaar aangekondig dat hulle hul verhouding na die volgende vlak neem.

LEES: Die man agter die Jakkals Vibes-masker

Ras het prentjiemooi foto’s, wat tydens 'n sonsondergang in Santorini, Griekeland geneem is, gedeel en daarmee aangekondig dat sy en die rugby-ster verloof is.

Nou, sowat ses maande later, is hulle uiteindelik Meneer en Mevrou Kriel.

Nastassja en Jaco het Donderdag 4 Desember by die Simplicity-venue in Roodeplaat buite Pretoria getrou.

LEES: Geliefde Suid-Afrikaanse akteur sterf

Die seisoen-een-wenner van 'Houvrou of Trouvrou' het 'n pragtige wit rok gedra, ontwerp deur die Suid-Afrikaanse ontwerper Diaan Daniels Couture.

Voormalige Leeus-flank, Jaco Kriel, het ook baie aantreklik gelyk in sy wit-en-swart pak.

Die paartjie het prentjiemooi foto’s en video’s van hul groot dag op sosiale media gedeel, en aanhangers kon so ’n klein kykie kry na die twee se pragtige troue.

Kyk hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Nastassja Kriel

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories