KYK: Tuinier vang drie pofadders in slegs 'n minuut
Updated | By Jacaranda FM
Die man het nie 'n bang haar op sy lyf nie.
Min mense kan sê dat hulle suksesvol 'n slang sal kan vang en veilig verwyder, wat nog van drie slange en dit slegs in 'n minuut.
Otniel Dollie, ook bekend as Rasta, het talle mense se oë laat rek toe hy sommer met kaal hande drie pofadders by 'n huis in Yzerfontein, Wes-Kaap, verwyder het.
Met slegs 'n hark en sy kaal hande het hy die slange een na een aan die agterkant opgetel en in ’n swart houer gegooi.
'n Angswekkende video van die situasie is op Facebook gedeel.
KYK: Renoster verwoes Hilux-bakkie tydens vreesaanjaende aanval
Dié video wys hoe Rasta dit reggekry het om die drie slange veilig in 'n houer te kry.
Elke slang wat opgelig word, is gevolg deur 'n senuweeagtige geskree vanaf die gehoor wat toekyk hoe Rasta die slange vang, en daarna 'n handeklap en gejubel soos die slang in die drom beland.
Rasta het egter nie heeltemal alleen die taak verrig nie.
'n Vrou in plakkies en driekwartbroek, wat amper net so braaf is soos Rasta, is ook in die video te sien soos sy die dapper tuinier van Darling help.
Kyk hier:
Volgens Netwerk24 is die 28-jarige Kirsten-Lee Timcke tans by haar ouma se vakansiehuis in Yzerfontein, waar die voorval plaasgevind het.
Timcke sê haar kêrel het glo die slange raakgesien toe hy by die huis se oprit verbygestap het.
Hulle het aanvanklik gedink daar is net een slang, maar het later agtergekom daar is eintlik drie.
KYK: AfriForum demonstreer nuwe lisensies te midde van gebreekte drukker
Timcke en haar kêrel het toe die buurvrou geroep, wat probeer het om 'n slangvanger te ontbied, maar daar was geen beskikbaar nie.
Die buurvrou het toe vir Rasta (26) gevra om te help, en binne ’n minuut het hy die slange gevang en verwyder.
Netwerk24 het bevestig dat die slange in 'n nabygeleë natuurreservaat vrygelaat is.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Facebook Skermgreep/ Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Baby skin basics: dos and don'ts
"Often, we bath our children too often..."
Elana Afrika-Bredenkamp 33 minutes ago -
These are the winning Lotto tickets that remain unclaimed
Among them, the R100 million Lotto jackpot still remains unclaimed.
Breakfast with Martin Bester an hour ago