Lianie May skop die somer af met nuwe enkelsnit
Updated | By Jacaranda FM
Suid-Afrikaanse sanger Lianie May het op Breakfast with Martin Bester kom kuier vir ’n regstreekse optrede van haar treffer 'Jy Soen My Nie Meer Nie'. May het ook kom gesels oor haar nuwe enkelsnit 'Ek Gaan Jou Vat Vanaand'.
Die gewilde sangeres, Lianie May, is terug met 'n nuwe, lewendige enkelsnit wat ideaal is vir die somer-kuierseisoen.
Om die somer behoorlik af te skop, het May saam Breakfast with Martin Bester kom kuier vir ’n regstreekse optrede van haar treffer 'Jy Soen My Nie Meer Nie'.
Die sanger het ook meer gedeel oor haar nuwe enkelsnit.
'Ek Gaan Jou Vat Vanaand'
Haar liedjie, 'Ek Gaan Jou Vat Vanaand', geskryf, gekomponeer en vervaardig deur Sunette Bridges en vrygestel deur Rivers & Bridges Music, is ’n Afrikaanse popliedjie met ’n "lekker Southern Rock-klank" wat die dansvloere regoor die land gaan laat gons.
KYK: SA sosiale media-persoonlikheid en rugby-ster trou
2025 is nog nie verby nie; ons vier steeds Afrikaans se 100ste verjaardag met Bridges se projek 'Stormloop'.
Bridges se 'Stormloop'-projek bring ’n groot viering van Afrikaanse musiek. Sy stel 100 nuwe liedjies vry om die taal se 100 jaar te vier. Dit wys hoe sterk en lewendig Afrikaans nog steeds is.
Saam maak Bridges en May hierdie enkelsnit, 'Ek Gaan Jou Vat Vanaand', ’n spesiale deel van die projek wat Afrikaans se geskiedenis vier en met hoop en vreugde na die toekoms kyk.
'Ek Gaan Jou Vat Vanaand' vertel van ’n selfversekerde jong vrou wat haar oog op ’n man het wat sy in die kuierplek sien. Of dit nou by Stoetbul, At se Gat of Baas se Plek is, sy is vasbeslote.
"Vanaand gaan hulle dans en hy gaan nie nee kan sê nie."
Die enkelsnit is anders as die meer ernstige ballades waarvoor Sunette Bridges bekend is.
"Hierdie liedjie is reg vir Desember," sê Bridges. "Dis sommer net 'n parmantige kuierliedjie oor die meisie wat kry wat sy wil hê!"
LEES: Geliefde Suid-Afrikaanse akteur sterf
May hoop die publiek gaan mal wees oor die enkelsnit.
"Die mense gaan die humor, die bekende kuierplek-name en die dansbare ritme baie geniet. Ek hoop hulle dans sommer heel aand lank," sê May.
Bridges voeg by: "Die tempo is perfek om op te dans en Lianie se stem pas soos ’n handskoen. Ek dink dit gaan ’n gunsteling wees vir oud én jonk."
Met haar nuwe enkelsnit, 'Ek Gaan Jou Vat Vanaand', wys May weer haar unieke vermoë om mense te laat glimlag, sing en dans. Dit is ’n liedjie wat jou beslis na die dansvloer neem, of jy nou wil of nie!
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
2016 Rob Forbes and Rozanne McKenzie vs 2026
Take a trip with us as we turn back the clock to 2016...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 4 hours ago -
Basketball star comes out as gay
The retired athlete shared more about his romantic life for the first ti...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 6 hours ago