'Liefde by die Dam': Maak gereed vir ’n enorme partytjie!

'Liefde by die Dam': Maak gereed vir ’n enorme partytjie!

'Liefde by die Dam' vier 10 jaar met die "Super Mega Bonanza"!

LIEFDE BY DIE DAM POSTER 2026
Verskaf

Dié immergewilde fees, vernoem na Valiant Swart se liedjie met dieselfde title, kry sedert 2016 groot aftrek in Johannesburg en Kaapstad. 

Derduisende feesgangers kom keer op keer terug om dié fees, wat met sy lekkergoed-hartjies en wêreldklas-verhoog oor die jare ’n fenomeen geword het, by te woon.

Emmarentia Dam maak gereed vir 'n enorme partytjie op Saterdag 18 April om hierdie groot mylpaal te vier.

Kom kuier saam met van ons land se coolste pop- en alternatiewe klanke. Musieklegendes Mango Groove, Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties maak ons al vir dekades trots! Appel en Early B reik al vir jare die hoogtes in en Jack Parow en Robbie Wessels bring topklas-humor en lekker vibes. 

Will Linley, aKING, Barto, Zoé en Twee is bekend vir hul energieke en eiesoortige optredes. Dan is daar ook nog ’n rits secret acts. Dis ’n line-up vir die boeke!

Claire Johnston van Mango Groove sê: “Dit is ons eerste Liefde by die Dam en dit is vir ons baie spesiaal om deel te wees van só ’n geliefde fees se 10-jaar-verjaardag. Dit gaan ’n wonderlike dag wees!”

Francois van Coke sê dat hy “al deel is van die meubels” by Liefde by die Dam. Van Coke het tot dusver by elk van die tien Johannesburg-konserte opgetree. Hy vertel: “Dit is altyd ’n eer om deel te wees van Liefde se sterk, massiewe, uiteenlopende line-up.”

Pierre Greeff, hooforganiseerder en voorsanger van Die Heuwels Fantasties, sê: “Om 'Liefde by die Dam' oor die jare te sien groei, is ’n onbeskryflike gevoel. Dit is ’n voorreg om hierdie ekstra Super Mega Bonanza-verjaardagshow op die planke te sit. Daar is geen keer aan hoe groot ons hiermee gaan nie. Ons pull al die stops!”

Kaartjieverkope vir hierdie ekstra Liefde-verjaardagkonsert open Donderdagoggend 26 Februarie om 08:00. Kry joune gou-gou! Liefde by die Dam is bekend daarvoor dat kaartjies blitsvinnig uitverkoop.

KAARTJIES:

  • Algemeen: R399.00
  • Kinders 3–12: R220.00
  • Kinders onder 3: Gratis
  • VIP: R2999.00 – Geniet die dag in styl met prioriteitstoegang tot die feesgronde. Ontspan in die VIP-area met ’n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en drankies is by die VIP-kaartjie ingesluit.


Kaartjies beskikbaar by ticketmaster.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories