Man sê hy gaan koningin dood maak
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Man het in 'n hof in Engeland verskyn nadat hy by Windsor Castle opgedaag het om die koningin dood te maak.
Volgens berigte het 'n man Woensdag 18 Augustus in 'n Engelandse hof verskyn nadat hy na bewering met 'n kruisboog by Windsor Castle opgedaag het.
Jaswant Singh Chail het glo aan beskermingsbeamptes gesê dat hy daar is om "die koningin dood te maak".
LEES: Bloemfontein-tiener na bewering uit mensehandel gered
Chail, het laasjaar, op Kersdag, toegang tot die kasteel se gronde verkry terwyl Koningin Elizabeth II, haar oudste seun, prins Charles en sy vrou, Camilla die dag by die kasteel deurgebring het.
Die beskuldigde is kort na hy binne sig van die monarg se woning gekom het vasgetrek deur veiligheidswagte.
Die jong man staan nou tereg op aanklag van hoogverraad. Hy word ook daarvan aangekla dat hy 'n doodsdreigement gemaak het en in besit was van 'n gevaarlike wapen.
LEES: Nuwe Afrikaanse reeks op JacPod sal jou hare laat rys
Volgens Maroela Media, het Chail al glo probeer om aan te sluit by die Britse departement van verdediging om nader aan die monarg te kom.
Na bewering, was Chail se motivering om wraak te neem vir die behandeling van Indiërs in Brittanje.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
How much each South African Minister has spent on travel
Here is a list of the amount of taxpayer money the ministers in the Gove...
The Drive with Rob & Roz 55 minutes ago -
For Matrics: South African jobs that don’t require qualifications
For those who want to enter the workforce as soon as possible, here are ...
The Drive with Rob & Roz an hour ago