Minister sê vir man op krukke: "Jou ma se p**s"

Minister sê vir man op krukke: "Jou ma se p**s"

Die tipe goed wat jy net in Suid-Afrika sal sien…

Pemmy Majodina
GCIS

Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het oë laat rek nadat video's gewys het hoe sy ’n gemeenskapslid op krukke gevloek en uit die saal laat jaag het.

Die voorval het Woensdag tydens ’n gemeenskapsvergadering in Loerie in die Oos-Kaap plaasgevind.

Volgens Maroela Media het die man die vergadering in die Kouga-munisipaliteit onderbreek en selfs ’n woordewisseling met ’n ander inwoner gehad.

Majodina het toe daarop aangedring dat die gestremde man uit die vergadering verwyder word.

Die spanning tussen die twee het so toegeneem dat Majodina die man uiteindelik gevloek het.

Sy het herhaaldelik op hom geskree: “Jou ma se p**s.”

Netwerk24 berig dat die woordewisseling begin het nadat die minister vir gemeenskapslede gesê het hulle moet in die komende verkiesing vir die ANC stem.

Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 – 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

Listen to Jacaranda FM: 

Follow us on social media:

Image: iStock

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories