Renoster verwoes Hilux-bakkie tydens vreesaanjaende aanval
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Daar is nie veel wat ’n mens in hierdie tipe situasie kan doen nie…
Soms word 'n mens net herinner dat 'n wilde dier 'n wilde dier bly.
Witrenosters is oor die algemeen redelike kalm diere wat nie regtig aggressief word nie, maar Willie Viljoen en sy meisie, Lize Marais, het vinnig geleer dat jy nie in 'n kwaai renoster se pad wil staan nie.
In 'n plasing op Facebook, wat reeds meer as 4 miljoen kyke het, het die 31-jarige Viljoen van Willie Viljoen Wildbedryf 'n video op die besigheid se Facebook-blad gedeel.
KYK: '7de Laan' se Madel vier 90ste verjaarsdag
Dié video wys hoe die witrenoster sy horing gebruik om Viljoen se wit Hilux-bakkie te verwoes en oop te skeur.
"Witrenosters is gewoonlik mak van aard, maar soos gesien kan word in die video, is daar soms uitsonderings op die reël," het hy geskryf.
Kyk hier:
"Die dier in die video is 'n witrenosterbul van meer as 15 jaar oud," het Viljoen bevestig.
Volgens Rapport het die voorval tydens 'n "roetine-aflaai" op Vrydag 19 September plaasgevind.
Gelukkig is geen mense of diere tydens die insident beseer nie.
KYK: AfriForum demonstreer nuwe lisensies te midde van gebreekte drukker
Foto's wat Marais op Facebook gedeel het, wys hoe die renoster die bakkie se kantdeur met sy horing oopgeskeur het.
Die hele paneel en die voorste regterwiel van die bakkie is ook heeltemal verwoes.
Viljoen en sy meisie, Lize Marais (21), het die renoster sowat 650 km vanaf 'n park in Thabazimbi na 'n privaat wildreservaat in die Noord-Kaap vervoer.
"Ons verskuif renosters regoor die land en selfs gereeld na en van buurlande," het Viljoen op die plasing geskryf.
Alhoewel die insident vreesaanjaend lyk op die video, hou Viljoen vol dat dit nie "normale" gedrag is nie.
"Gevallle waar witrenosters teen voertuie stamp, is so skaars dat ons dit nie eers as 'n 'probleem' in ag neem nie."
"Dit was natuurlik nie normale of voorspelbare gedrag om die stilstaande voertuig aan te val nie, maar dit is hoe die natuur werk."
LEES: Johandré Blom leer weer swem na krokodil-aanval
Hy het ook bygevoeg dat hierdie tipe insidente deel van die werk is en dat hy al vir jare diere verskuif en vervoer.
"Eerstens, ek is gebore en grootgeword in wildvang; ek was al deel van honderde renoster-vang en -verskuiwings sedert ek 'n klein kind was.
"Ek vang en verskuif wilde diere professioneel al my hele volwasse lewe.
"Ons aanvaar die inherente risiko’s wat gepaardgaan met die werk met watter wildspesie ook al — dit is deel van waarvoor ons inskryf wanneer ons met hierdie wonderlike diere werk."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Lize Marais
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
18 bizarre holidays to celebrate in November
If you aren't ready to think about or deal with the December holiday sea...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 22 hours ago -
Top 10 countries for watching wildlife
You'll never guess which countries outranked South Africa!
The Drive with Rob & Roz 1 day, 22 hours ago