Roux skop 2026 af met Adele se 'Someone Like You' op Friday Live

Roux skop 2026 af met Adele se 'Someone Like You' op Friday Live

Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Roux is die man agter vele bekende liedjies soos 'Tekkies Brand', 'Bietjie Benoni' en 'Vuil Coke', en nou neem hy weer sy plek in die kollig in met nuwe musiek.

ROUX FRIDAY LIVE COVER
Jacaranda FM

Roux Cloete is al jare in die Afrikaanse musiekbedryf en, benewens sy eie musiek, is hy ook die skrywer agter van die grootste treffers in Afrikaanse musiek.

Liedjies soos Piesangskille se 'Lyntjie', Irene-Louise se 'Tekkies Brand', Fatman se 'Vuil Coke' en Ivan Roux se 'Pitte' het almal uit sy pen gevloei.

Roux het jare gelede aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus studeer, waar hy sy graad in kommunikasie voltooi het. 

Dit is ook hier waar hy sy vrou, Christi, ontmoet het.

KYK: Martin Bester kuier op 'Binnelanders'

Kort ná sy studies het Roux die musiekindustrie betree, en in 2012 het hy sy debuutalbum, 'Perfek', vrygestel.

Deur die jare het die sanger en liedjieskrywer nog musiek vrygestel, groot treffers vir ander musikante geskryf en selfs saam met Universal gewerk om nuwe kunstenaars en talentvolle sangers te identifiseer.

Hy en Christi het ook self 'n duet vrygestel, 'Alles naby my', wat hulle vir hul dogtertjie, Esli, uitgereik het.

Na jare waarin Roux treffers vir ander kunstenaars geskryf het, het hy besluit dit is weer tyd om self in die kollig te tree, en in 2025 het hy 'n nuwe album, 'Al Lankal', sowel as nuwe enkelsnitte vrygestel.

KYK: Bekende Suid-Afrikaanse sanger verloof!

As deel van sy terugkeer na die kollig het Roux die jaar afgeskop met die heel eerste Friday Live-optrede van 2026.

Kyk sy optrede van Adele se 'Someone Like You' hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories