Sanger waarsku ouers nadat seun 90% van sy sig verloor

Sanger waarsku ouers nadat seun 90% van sy sig verloor

Die Suid-Afrikaanse musikant Bobby van Jaarsveld het ouers gewaarsku nadat sy seun 90% van sy sig verloor het.

BOBBY VAN JAARSVELD SON AFTER SURGERY
Jacaranda FM

Hy het onlangs op sosiale media gewaarsku oor 'n eenvoudige speelding waarmee baie kinders al jare lank speel. 

"Nie gedink ek gaan dit deel nie, maar ek voel ek moet om mense te waarsku," het Van Jaarsveld op Facebook geskryf.

LEES: Geliefde vermaaklikheidster Soli Philander sterf

In sy Facebook-plasing het die sanger gedeel dat sy seun, Leben, 90% van sy sig verloor het nadat daar ’n laser in sy oog geskyn is.

Breakfast with Martin Bester het met Van Jaarsveld oor die insident gesels.

Dokters moes ná die insident opereer en kon gelukkig jong Leben se oog red.

"Dank die Vader ons het by die regte dokter uitgekom, Dr. B. Wolff, en hy kon sy oog red na 'n suksesvolle operasie."

KYK: Zoé sing haar treffer 'Insecure Meisies' op Friday Live

Volgens die dokters was dit 'n wonderwerk dat hulle die oog kon red, aangesien bitter min mense se oë ná so ’n voorval gered kan word. Ander dokters het die familie ook gewaarsku dat hy moontlik sy oog sou verloor.

"Ons het lank terug so gebid en gesmeek en vertrou, want daar is vir ons gesê hy gaan sy oog verloor. Daardie gevoel wat 'n ouer ervaar as hulle dit hoor, kan ek nie beskryf nie. Nooit weer wil ons dit ervaar nie."

Die 'Spieëltjie'-sanger het sy Facebook-plasing afgesluit met ’n ernstige waarskuwing: "Ouers… breek daai lasers."

Nuwe liedjie

Van Jaarsveld het ook meer gedeel oor sy nuutste vrystelling, ‘Regte Plekke’, wat vandag, Vrydag 6 Maart, op alle platforms beskikbaar is.

Dit was ’n groot dag vir Bobby, aangesien hy ook sy 39ste verjaarsdag gevier het.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die programme regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Bobby van Jaarsveld

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories