Stephanie Baartman sing Amy Winehouse-treffer op Friday Live
Updated | By Jacaranda FM
Die sanger en aktrise Stephanie Baartman het Amy Winehouse se 'Valerie' op 'Breakfast with Martin Bester' se Friday Live opgetree.
Jy ken haar dalk as ’n Suid-Afrikaanse aktrise wat te sien was in talle TV- en teaterproduksies.
Baartman is ook tans te sien in die kykNET-telenovela 'Diepe Waters'.
Maar Baartman se talent strek verder as net die TV-kassie en teater – sy is ook 'n fenomenale sanger.
KYK: Marno van der Merwe sing Ed Sheeran treffer op Friday Live
Op Vrydag, 17 April, het die veelsydige sanger en aktrise Amy Winehouse en Mark Ronson se 'Valerie' op 'Breakfast with Martin Bester' opgetree.
Kyk hier:
'HOORT' met Stephanie Baartman
'HOORT' vertel die storie van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld probeer vind te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis.
Met humor, patos en ’n lewendige mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies, kom sy tot die besef: Om in te pas is een ding, maar om te behoort is iets heeltemal anders.
KYK: Jo Black sing die bekende 'Kryptonite' op Friday Live
Dit word beskryf as ’n semi-outobiografiese kabaret.
Wenner van die 2025 Stellenbosch Woordfees Woordtrofee vir uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: klein groepe.
'HOORT' is Vrydag 24 April by die Centurion Teater te sien.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Feel Good 40th birthday Secret Sound
Join in on the celebrations to get something out, thanks to OUTsurance.
Breakfast with Martin Bester 1 day, 17 hours ago -
Why White River is one of the best small towns in SA
Breakfast with Martin Bester visited the small town of White River during …
Breakfast with Martin Bester 2 days, 4 hours ago