FOTO'S: Swemmer Tatjana Schoenmaker is verloof!
Updated | By Etienne Bruwer
Olimpiese-swemmer Tatjana Schoenmaker is verlief en verloof!
Olimpiese-swemmer Tatjana Schoenmaker het onlangs aangekondig dat sy verloof geraak het aan Rachel Kolisi se broer, Joel Smith.
Schoenmaker het foto's op Instagram gedeel om die groot nuus te vier.
"Ek weet wat julle almal dink: 'Hoekom het hy so lank gevat?' Ons is verloof!" het Schoenmaker op haar plasing geskryf.
KYK: Thabo Bester wat in tronksel dans laat sosiale media gons
Smith het die groot vraag gevra terwyl die paartjie op 'n staproete by Eagles’' Nest Constantia in die Wes-Kaap was.
Die Olimpiese-swemmer was natuurlik in haar noppies: "Ek gaan die man van my drome trou.
"Ek is so dankbaar om die voorreg te hê om jou lief te hê, en nou, om 'n nuwe hoofstuk met jou te begin."
Die pragtige foto's op die plasing het die ongelooflike oomblik vasgevang waar die paartjie deur verskeie emosies gaan - van absolute geluk na 'n paar emosionele oomblikke.
KYK: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss
Volgens Jacaranda FM, is Smith ook deel van die Kolisi-stigting.
Vroeër die jaar het die paartjie hulle verhouding op sosiale media bekend gemaak.
Op Valentynsdag, het Smith 'n pragtige foto van hom en Schoenmaker gedeel, en het op die plasing gesê: "My Valentyn."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
MEER BY JACARANDA FM
Show's Stories
-
A woman in her 40s: 'Mevrou Mevrou' share their experiences
What does the world expect from a woman in her forties?
Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago -
Warning for South African homeowners with boreholes
The South African government is coming after homes with boreholes.
Breakfast with Martin Bester 17 hours ago