KYK: Die top 10 aantreklikste Afrikaanse kunstenaars volgens AI
Updated | By Jacaranda FM
Wie sal op jou top 10-lysie wees?
Aantreklikheid is beslis ’n subjektiewe ding, maar daar is gevalle waar 'n mens net nie iemand se skoonheid kan ontken nie.
Alhoewel aantreklikheid dieper strek as net ’n mooi gesig en lyf, is daar ook niks daarmee fout om te erken as iemand fisies mooi is nie.
Die Afrikaanse musiekbedryf is oorlaai met kunstenaars wat onmiskenbaar mooi is, maar wie is die mooiste van die mooi?
Klank, 'n Suid-Afrikaanse mediablad wat plasings maak oor alles van musiek, bekendes, kultuur en gebeure, het onlangs ’n plasing gemaak oor die top 10 aantreklikste kunstenaars in 2026.
In stede daarvan om self te besluit wie die mooiste is, het die mediablad vir ChatGPT gevra om ’n ranglys saam te stel van die top 10 aantreklikste kunstenaars.
Hier is die top 10 in geen spesifieke orde:
- Kyle Joshua
- Eloff
- Zaan Sonnekus
- Megan Danner
- Mionette
- Anzelle
- Brendan Peyper
- Barto
- Demi Lee Moore
- Bernice West
Die kunstenaars se reaksie
Baie van die kunstenaars het ook kommentaar gelewer op die plasing.
- “Dit moet die snor wees,” het Zaan Sonnekus gesê.
- “Dankie, AI?” het Megan Danner gevra.
- “Wow! Goed om te weet,” het Mionette gesê.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Verskaf
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Baby skin basics: dos and don'ts
"Often, we bath our children too often..."
Elana Afrika-Bredenkamp 9 hours ago