Zaan Sonnekus begin 2026 met nuwe musiek en 'n Friday Live-optrede

Zaan Sonnekus begin 2026 met nuwe musiek en 'n Friday Live-optrede

Suid-Afrikaanse musikant Zaan Sonnekus het 'You Found Me' van The Fray op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree.

ZAAN SONNEKUS FRIDAY LIVE 23 JAN
Jacaranda FM

2026 het reeds belowend afgeskop, en 'Breakfast with Martin Bester' hou die momentum aan die gang met Friday Live.

Op Vrydag, 23 Januarie, het die talentvolle Suid-Afrikaanse musikant Zaan Sonnekus op Friday Live opgetree en sy weergawe van The Fray se 'You Found Me' gesing.

Kyk hier:

Nuwe musiek

Zaan Sonnekus skop ook 2026 af met 'n eerlike, introspektiewe nuwe enkelsnit getiteld ‘Selfbewus’, wat op 23 Januarie op alle digitale platforms vrygestel word.

Dié snit is sy eerste musiekvrystelling vir die jaar en bevestig weereens sy vermoë om rou emosie met poëtiese lirieke en 'n sielvolle klanklandskap te kombineer.

KYK: Roux skop 2026 af met Adele se 'Someone Like You' op Friday Live

'Selfbewus' delf diep in die innerlike stryd tussen beheer en verlies, daardie gevoel van "ek het als, maar ek het niks".

Met beelde van die see wat telkens die sand wil soen, maar dit ook weer moet los, skets Zaan 'n verhaal van verlange, selfondersoek en emosionele eerlikheid.

Dit is 'n lied wat praat met almal wat al moes voorgee hulle is "in beheer", terwyl iets of iemand steeds ontbreek.

Die lirieke is minimalisties, maar trefkragtig, en laat ruimte vir die luisteraar om hul eie stories daarin te vind.

Reëls soos "Ek het als, maar iemand mis" en "Ek is dalk 'n bietjie selfbewus, maar ek is in beheer" vang die kern van die lied vas, kwesbaarheid sonder verskoning.

KYK: Eerste ooit 'AI'-musikant op Friday Live

Musikaal bly 'Selfbewus' getrou aan Zaan Sonnekus se kenmerkende styl: alternatiewe rock met ’n sielvolle ondertoon, eerlik en onopgesmuk.

Die snit voel intiem, amper soos ’n gesprek met jouself in die stil ure, en bevestig sy groei as ’n liedjieskrywer wat nie bang is om dieper te gaan nie.

'Selfbewus' isbeskikbaar vanaf 23 Januarie op Spotify, Apple Music, YouTube Music en alle ander groot digitale platforms.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories