Alles wat jy moet weet oor die Afrikaanse weergawe van 'The Office'
Updated | By Jacaranda FM
Prep jou polonie, want die Afrikaanse weergawe van 'The Office' is amper hier!
Showmax het in 2025 aangekondig dat hulle besig was met die vervaardiging van 'n Suid-Afrikaanse weergawe van die wêreldwye trefferformaat 'The Office', onder lisensie van BBC Studios.
LEES: Kylie Jenner receives backlash for Golden Globes picture
Die Suid-Afrikaanse en hoofsaaklik Afrikaanse weergawe van 'The Office', wat 'Die Kantoor' genoem word, is die 14de verwerking van dié formaat, en is amper op jou televisieskerm te sien!
Dit was meer as 20 jaar gelede toe die wêreld uitgeboul is deur die saai maar skreeusnaakse mokumentêre wêreld van 'The Office', geskep deur Ricky Gervais en Stephen Merchant.
KYK: Family play Afrikaans 30 Seconds and the results are hysterical!
Aanhangers sal saamstem met Metacritic wat die oorspronklike Britse weergawe as die mees bekroonde komediereeks van alle tye bekroon.
Die Amerikaanse weergawe het vyf Emmys gewen, insluitend die toekenning vir beste komediereeks, en was die mees gestroomde program ter wêreld in 2020.
KYK: Hilarious Instagram video shows different side to SA vacations
Hierdie universele gewildheid het daartoe gelei dat die Bafta- en Golden Globe-bekroonde kultuskomedie oor die hele wêreld verwerk is vir kykers in ander lande, waaronder Australië, Frankryk, Kanada, Chili, Israel, Indië, die Midde-Ooste en Pole.
Nou kan Suid-Afrikaaners terug sit en 'n plaaslike, "relatable" weergawe geniet.
KYK: SA YouTuber shares seven helpful tips for new drivers
Die Safta- en Silwerskermwenner Bennie Fourie (medeskepper van 'Hotel') is die hoofskrywer en regisseur.
Fourie sê: "Dit is 'n groot eer om die program te kan maak. Toe ons destyds met Hotel begin het, was dit die tipe reeks wat ons wou naboots. Ek dink nie ons was toe gereed om dit te maak nie, maar ná 10 jaar van speel met die mokumentêr-genre, is nou die ideale tyd vir ons om dit te doen. Alles het regtig in plek geval, en ons is baie opgewonde."
LEES: Beloved 'Binnelanders' actress shares exciting baby news!
Bennie stel dit duidelik dat hy nie net 'The Office' in Afrikaans vertaal het om dit skoot vir skoot met plaaslike akteurs te herskep nie.
Hy het dit binne ’n plaaslike konteks heeltemal nuut verbeel.
Suid-Afrika is nie die VK nie, en dis ook nie die VSA nie, en ons wou seker maak dat dit regtig weerspieël word.- Bennie Fourie
Dit het begin deur die kantooromgewing te verander van ’n papieronderneming na Deluxe Processed Meats, wat in polonie spesialiseer.
LEES: Legendary actor shares truth behind his 20-year Oscars ban
"Suid-Afrika is ’n nasie van trotse vleisliefhebbers. Van biltong tot droëwors tot steak – baie Suid-Afrikaners vind ’n deel van hulle identiteit in die vleis wat hulle eet. Maar polonie is nie op daardie lys nie. Dit is net so flippen pienk. As jy rondom ’n braai staan, is die laaste ding wat jy wil sê, dat jy passievol oor polonie is. Veral ná daardie uitbraak van listeriose." - Bennie Fourie.
The Drive with Rob and Roz het met Gert du Plessis, die Suid-Afrikaanse 'Jim', gesels oor die reeks.
Luister hier:
Meer oor 'Die Kantoor'
Vanuit die hoofkantoor, Deluxe Meats (wat in meer gesofistikeerde vleise spesialiseer), word op die personeel neergesien, en niemand by Deluxe Processed Meats voel hul posisies is veilig nie, aangesien ’n BBBEE-konsortium onlangs ’n groot deel van die maatskappy gekoop het.
Rapid Blue, wat ook 'Is’thunzi' vervaardig (wat aan Thuso Mbedu twee Internasionale Emmy-benoemings besorg het), het ’n mengsel van bekende én vars gesigte bymekaargemaak vir 'Die Kantoor', gelei deur die 2025 Fleur du Cap-wenner Albert Pretorius (Niggies; Nêrens, Noord-Kaap) as Flip, die kantoorbestuurder.
“Flip is nog net die afgelope jaar die bestuurder, maar hy is opgewonde om die dokumentêre span te verwelkom,” sê Bennie. “Hy voel dit is sy 'Chasing the Sun', en sy inspirerende opgang na die kruin van sakesukses moet vir dié wat na hom volg op film vasgelê word.”
Deel van die ensemble is:
- Schalk Bezuidenhout ('Kanarie', 'Hotel')
- Lida Botha ('Die Kwiksilwers')
- Carl Beukes ('Jozi', 'The Shakedown')
- Ilse Oppelt ('Oh Schuks I’m Gatvol', 'Fishy Fêshuns')
- Daniah de Villiers ('Mia and the White Lion')
- Mehboob Bawa ('Bhai’s Cafe')
- Sipumziwe Lucwaba
- Gert du Plessis
Die eerste aflewering word Sondag 18 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai, en op Dinsdag 20 Januarie is daar ’n dubbeldoorlagdosis wanneer die eerste twee episodes op Showmax beskikbaar sal wees.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf/kykNETMeer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Iconic 'Kryptonite' singer dead at 47
3 Doors Down lead singer Brad Arnold has died at the age of 47.
Breakfast with Martin Bester 9 hours ago -
Brooklyn Beckham's father-in-law weighs in on family feud
The Beckham family has been making headlines for all the wrong reasons.
The Drive with Rob & Roz 2 days ago