Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper gesels oor hulle reis deur Amerika
Updated | By Jacaranda FM
Wat gebeur wanneer jy Bobby Van Jaarsveld en Brendan Peyper in 'n bus sit en op 'n reis deur Amerika stuur?
Meeste mense ken Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper vir hulle musikale treffers.
EKSKLUSIEF: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel meer oor 'Een Keer Om Die Son' se nuwe seisoen
Nou kan aanhangers 'n totale anderkant van die twee sangers sien in die reeks 'Ander Dam Se Eende'.
Van Nashville tot Vegas, Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper het besluit om saam op 'n musiekreis deur Amerika te gaan, sonder 'n plan, program of 'n padkaart.
LUISTER: Alles wat jy moet weet oor die Afrikaanse weergawe van 'The Office'
'Ander Dam Se Eende' wys presies hoe dit lyk: onvoorspelbaar, eg, vol humor en propvol musiek.
Die 13-episode reeks volg Bobby en Brendan op ’n road trip deur Amerika in ’n RV: van die groot stadsgedruis.
ENTER: Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Hulle gaan van New York se groot stadsgedruis tot die country-ritmes van Nashville, die blues-siel van Memphis, en die ongerepte stilte van die Grand Canyon.
Elke bestemming bring nuwe mense, nuwe klanke en nuwe ontdekkings wat die twee kunstenaars diep raak.
Al lyk dit na ’n eenvoudige road trip, wys die reeks dat dit baie meer as dit is.
LEES: Seven foods banned by the British Royals
Bobby en Brendan kom voor uitdagings wat hulle buite hul gemaksones dwing: onbekende paaie, kultuurbotsings, skerp draaie in klein dorpies, en adrenalienoomblikke.
Tussen die chaos en die kalmte word daar gesels, gesing, baklei, gedink, gelag… en soms net stilweg in die natuur gesit.
Uiteindelik is musiek die hartklop van die reeks.
LEES: Popular SA retailer alerts shoppers to online scam
Kykers sien hoe die twee sangers in kroeë, by buiteverhoë en selfs op straathoeke optree.
Hulle ontmoet plaaslike musikante, hoor stories vol nostalgie en ontdek hoe die Amerikaanse musiekgeskiedenis hul eie kreatiwiteit voed.
KYK: Family play Afrikaans 30 Seconds and the results are hysterical!
Dit word 'n reis wat nie net hul musiek nie, maar ook hul menswees verdiep.
'Ander Dam Se Eende' is nie ’n reeks oor perfeksie nie, dis ’n reeks oor eerlikheid.
WATCH: Hilarious Instagram video shows different side to SA vacations
Oor vriendskap, groei, musiek, en die wonderlike ding wat gebeur wanneer jy alles wat jy ken agterlaat om die onbekende te verken.
Bobby en Brendan wys opnuut dat reis nie net gaan oor die plekke waarheen jy gaan nie, maar oor die dele van jouself wat jy langs die pad ontdek.
Die paar het met The Drive with Rob and Roz kom gesels oor die reeks en nog interessante stories gedeel wat jy dalk nie op jou skerms sal sien nie.
Volgens Brendan is dit "'n baie duur Bloemfontein".
Luister hier:
'Ander Dam Se Eende' begin Maandag 12 Januarie om 21:00 op kykNET en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto:Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Iconic 'Kryptonite' singer dead at 47
3 Doors Down lead singer Brad Arnold has died at the age of 47.
Breakfast with Martin Bester 10 hours ago -
Brooklyn Beckham's father-in-law weighs in on family feud
The Beckham family has been making headlines for all the wrong reasons.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 1 hour ago