'As mense my boere aanvat, word ek opgevuur' - Reandi Grey
Updated | By Jacaranda FM
'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder, Reandi Grey, gesels oor liefde, die boere en haar ervaring as aanbieder.
Die gewilde maatsoekreeks, 'Boer Soek 'n Vrou' se 17de seisoen het nie net afgeskop met 'n nuwe oes boere nie, maar ook met 'n splinternuwe aanbieder...
Die seisoen is nou 10 episodes in en daar is liefde, en drama, om elke hoek.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou': Hier is die vyf topboere
Nou is daar vyf boere wat hoop om 'n lewensmaat te vind:
· Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo
· Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes
· Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap
· Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap
· Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga
LEES: 'Real Housewives' star describes ‘helplessness' seeing daughter suffer
Reandi Grey klim vir die eerste keer agter die stuur van die 'Boer Soek ’n Vrou'-Hilux-bakkie in, en sy sê daar is talle verrassings wat op kykers wag hierdie seisoen.
Al die boere wat ingeskryf het, is ook mense wat ek self naby aan my gaan wil hou vir die res van my lewe. Hulle is besonderse sout-van-die-aarde-mense wat liefde verdien – en ek voel geëerd om deel daarvan te kon.- Reandi Grey (Boer Soek 'n Vrou-aanbieder)
LEES: Matthew McConaughey reveals secret to a lasting marriage
Alhoewel die program fokus op die boere en hulle soektog na liefde, is hierdie ook 'n splinternuwe ervaring vir Reandi.
Volgens haar is dit ongelooflik om te sien hoe die boere verander van die begin tot die einde, en wat hulle ervaar.
Dit is ’n rol wat ek toewens vir enigiemand in hul lewe, want om deel te kan wees van ’n liefdesverhaal, of dit vir iemand anders of vir jouself is, is baie spesiaal en nodig.- Reandi Grey
LEES: 'Egoli' star reveals she is the "FlySafair lady"
Reandi Grey is nie 'n onbekende vir TV-kykers nie. Sy vertolk immers die rol van 'Anja' in 'Diepe Waters' sedert 2022, maar daar was ook verskynings in 'Legacy' en '7de Laan'. En deesdae maak sy ook naam met haar klerereeks, GreyC (Grey Creations).
Sy is ook 'n ma van twee dogtertjies, en sy het gesê dit was een van die faktore wat haar aanvanklik benoud gemaak het.
LEES: Miss SA respond to claims of 2025 finalist being a 'bully'
Nou is sy amper 'n volle seisoen in, so hoe voel sy nou?
Reandi Grey het met The Drive with Rob and Roz kom gesels oor liefde, die boere en haar ervaring as aanbieder.
Luister die volle onderhoud hier:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
"Producers are scared to talk and scared to speak out," says South African journalist
TV and film journalist Thinus Ferreira spoke to The Drive with Rob and R...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 7 hours ago -
Legendary pop star arrested on suspicion of driving under the influence
According to various sources, the singer was arrested on Wednesday, 4 Ma...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 9 hours ago