Brendan Peyper 'hard launch' sy nuwe verhouding

Brendan Peyper 'hard launch' sy nuwe verhouding

Die Suid-Afrikaanse sanger se hart is gesteel deur 'n Blou Bul-rugbyspeler se sussie.

BRENDAN PEYPER SUNSET
Instagram/ Skermgreep

Brendan Peyper is nog altyd eerlik oor sy liefdeslewe.

LEES: Kim Kardashian shares why she wore diamonds to robbery trial

Hy het al op 'n verskeidenheid werklikheidsrekse verskyn, opsoek na liefde.

In 2024, het 16 dames hulle avontuur op die bekende kykNET-reeks 'Op My Eish!' begin om te sien watter een van hulle die bekende sanger se hart kan steel.

LEES: South African private schools face serious SARS change

Na vele emosionele oomblikke en die gewig om elke een van die hoopvolle meisies huis toe te stuur was daar uiteindelik net drie dames oor.

Gelukkig was die 'Toer Om Die Vloer'- sanger se wingman, Jo Black, aan sy om hom te help met die moeilike keuses.

LEES: Say goodbye to these 16 major DStv channels

Peyper het uiteindelik sy finale keuse op die tweede laaste episode van die reeks, wat Donderdag 4 April uitgesaai het, gemaak. 

En die gelukkige meisie was Janae.

Ongelukkig het die verhouding nie gehou nie, en daar word ook gereeld gespekuleer oor Peyper se romantiese verhoudings.

LEES: Iconic tennis star shares beautiful engagement pictures

Dis moeilik om jou privatelewe privaat te hou as jy in die kollig is, maar Peyper probeer sy bes.

Nou het hy besluit om alle spekulasie en skinder tot rus te lê met 'n Instagram-plasing.

In sy nuutste plasing, 'hard launch/soft launch' hy sy nuwe meisie, Marise van der Westhuysen.

Sy is selfs die ster en liefdesbelanstelling in sy nuwe musiekvideo, 'Troumateriaal'.

Van der Westhuysen is 'n besigheidsvrou en het ook die foto's van haar en Peyper op haar sosialemedia gedeel.

Marise se broer, Abri van der Westhuysen speel vir die Vodacom Bulls.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram/ Skermgreep

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories