Verlies, vriendskap en noodlot: Diaan Lawrenson terug in 'n nuwe dramareeks
Updated | By Jacaranda FM
Sy is soveel meer as die "mode-, sosiale-, skoonheid-,en letterkunde-redaktriese"; sy is ook 'n regisseur, vervaardiger en die hoof uitvoerende beampte van AFDA. Diaan Lawrenson is binnekort te sien in 'n splinternuwe dramareeks.
Diaan Lawrenson is beter bekend in Suid-Afrikaanse huishoudings as 'Paula van der Lecq', vir haar ikoniese rol in die TV-sepie '7de Laan', maar sy het haar veelvuldige vaardighede in die vermaaklikheidsbedryf ook baie suksesvol gemyn, en werk oor alle genres as aktrise, produsent, regisseur en draaiboekskrywer.
KYK: Demi Lee Moore en Barthlo se babaseun is hier!
Diaan Lawrenson het in 2016 begin klas gee by AFDA en is in vroeg 2019 aangestel as hoof van die Kaapstad-kampus. Sy is ook die mede-stigter van die bekroonde produks maatskappy, Jester Productions.
Sy het die hoofrol van 'Ingrid' gespeel in die film 'Raaiselkind', waarvoor sy benoem is by die SAFTA's 2019.
LUISTER: Jack Parow praat oor Dricus du Plessis, nuwe musiek en die 'alternatiewe skouspel'
In die laaste 12 jaar was haar produksiemaatskappy, Jester Productions, verantwoordelik vir produksies in teater, korporatiewe en industriële teater, DVD-produksie, rolprente en televisie. Jester is benoem vir verskeie toekennings, insluitend die gesogte Fleur du Cap-, Naledi- en Fiesta-toekennings, en die bestuur van Jester Productions het verskeie toekennings gewen, insluitend SAFTAS, ATKV Veertjie, YOU Spectacular, Tempo, Fleur du Cap en Naledi-toekennings.
As hoof van die Kaapstad-kampus hoop Diaan Lawrenson om haar ervaringe as aktrise, vervaardiger, regisseur en draaiboekskrywer met ons toekomstige leiers van die bedryf te deel.
Deur die jare het sy al verskeie rolle vertolk, maar binnekort sal ons haar kan sien in die splinternuwe dramareeks, 'Appels en Tee'.
LISTEN: Eben Etzebeth opens up about his WWE dreams, Rassie Erasmus and more
In Paradysbos lyk Lisa Rossouw (Diaan Lawrenson) se lewe perfek. Sy bestuur 'n florerende teetuin saam met haar gerespekteerde man en voorbeeldige seun.
Wanneer die De Klerks met hulle motor voor die teetuin in ’n ander kar vasry, verskyn haar langverlore vriendin Henriëtte (Tinarie van Wyk Loots) weer ná 27 jaar.
READ: 'Suits' actor tries to guess meaning of SA words
Is dit toeval, of die noodlot?
Die De Klerks het hulle plaas verloor, en Lisa bied vir hulle ’n heenkome tot hulle weer op hulle voete is. Dit bring herinneringe terug en krap ou wonde oop..
READ: Michelin-starred South African chef opening Cape Town restaurant
Die dramareeks beweeg tussen die hede en die Langkloof in die negentigs waar Lisa en Henriëtte hulle hegte tienervriendskap en drome deel, maar 'n reeks donker geheime die twee uiteindelik uitmekaardryf.
Lawrenson het met The Drive with Rob & Roz gesels oor haar nuwe rol en meer:
'Appels en Tee' begin op Dinsdag 21 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer of Jacaranda FM
Show's Stories
-
South Africa's most misspelled words in 2026
Can you guess the most misspelled word of 2026 so far?
The Drive with Rob & Roz 17 hours ago -
Workplace loyalty in 2026: Does it still matter?
Are employees becoming less committed to their employers, or are they simp…
The Drive with Rob & Roz 17 hours ago