Die legendariese 'My f*k, Marelize!' kry haar eie film!
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het.
Kan jy vir "My f*k, Marelize" onthou?
In die video, is Marelize besig om rustig haar fiets te trap voordat sy perongeluk kontak maak met 'n rugbypaal.
Die res, is geskiedenis...
LEES: Lourensa Eckard gesels oor nuwe kortfilm waarin Rozanne McKenzie te sien is
Die video het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei.
Die virale video met 'n sêding wat die hart van die nasie verower het, gaan nou die grootdoek tref. MultiChoice het die vervaardiging van die speelfilm getiteld 'My F*k, Marelize' by vanjaar se Silwerskermfees aangekondig.
Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het.
Dit volg die ongeluksvoël Marelize Horn terwyl sy voorberei om 'n au pair in Nederland te word, en haar ma, Heidi Horn, wat met 'n kankerdiagnose moet omgaan. Dit alles vind plaas teen die agtergrond van WIKA, die jaarlikse Windhoekse Karnaval.
WATCH: Kids try Fireball candy for the first time!
Die draaiboek is deur die SAFTA-bekroonde Brett Michael Innes ('Sink', 'Fiela se kind') geskryf. Zandré Coetzer – een van die televisieregisseurs van 'Dinge van ’n kind' en ook een van die vervaardigers van die reeks Donkerbos, wat twee Safta-toekennings ingepalm het en internasionaal verkoop is – maak met dié fliek haar debuut as speelfilmregisseur.
Hierdie film gaan almal verras. Wanneer mense dink aan ’n fliek gegrond op die frase ‘my f*k, Marelize’, verwag hulle waarskynlik ’n klugkomedie oor ’n tiener wat aanhoudend teen goed vasloop. Die verhaal van die Horn-familie het egter soveel meer diepte as dít, en ons kan nie wag om kykers daarmee te verras nie.- Brett Michael Innes
Die Horn-familie – Marelize, Heidi, Tiaan en Wilmari – was sedert die begin van die ontwikkeling betrokke. Hulle het hul huise en lewens vir die produksiespan oopgemaak, en die verfilming sal in September begin.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Facebook
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
VOTE: What was the best Drive moment in 2024?
We've been counting down the 12 Days of Rob and Roz, and we're putting t...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
VIDEO: Why Dolly Parton's husband has never attended events
As a veteran in the entertainment industry, the 'Jolene' singer has mana...
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago