Digter Antjie Krog "oortuig daarvan" dat sy klaar is met skryf
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Die ikoniese digter word erken as een van Suid-Afrika se beste skrywers en mees bekende Afrikaanse digters.
Antjie Krog is 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika en is internasionaal beroemd vir haar ongelooflike skryfwerk.
Jy het dalk van haar werk teëgekom op skool, in jou ouerhuis of vir jouself aangeskaf.
READ: A "little health hiccup": Queen's Sir Brian May shares news of stroke
Daar is geen twyfel oor die invloed en impak wat sy op Afrikaanse-kultuur en -taal gehad het, en steeds het nie.
Die Universiteit van Pretoria het dit beklemtoon op die 4de September 2024, toe hulle aan Krog 'n eredoktorsgraad oorhandig het vir haar bydrae tot literatuur, taal en sosiale geregtigheid.
VIDEO: Adele announces she is taking a break in emotional goodbye
Volgens Netwerk24, het Krog gedeel dat dit die oomblik vir haar 'n groot eer was:
Jy sal stompsinnig wees as jy wil blasé wees daaroor. Die wese van skryf is om jou af te sonder. Dis 'n eensame soort aktiwiteit. Dan kom so its van buite af en jy weet presies hoe ingewikkeld universiteite raak rondom Afrikaans, hoe ingewikkeld dit is om iemand te benoem en almal te oortuig. So jy sien dit ook as 'n groter gebaar. Dis nie net 'n gebaar vir jou nie, maar ook vir jou taal, vir letterkunde, die geesteswetenskappe. Dis ook 'n gebaar aan ander Suid-Afrikaners.- Antjie Krog
In haar toespraak het sy ook 'n betenisvolle boodskap aan die studente gedeel.
LISTEN: This song will instantly remove any tune stuck in your head
Sy wou graag die studente wat gradeer ook vereer en het twee gedigte voorgelees.
Aktrise Barileng Malebye en Krog het die twee gedigte, geskryf deur Botswana-dramaturg en digter Leetile Disang Raditladi, in verskillende tale voorgelees.
Ongelukkig vir Krog se aanhangers het sy genoem dat daar 'n moontlikheid is dat sy klaar is met gedigte skryf.
Sy het die volgende aan Netwerk24 gesê:
Dit was baie laat voordat ek die moed gehad het om myself 'n digter te noem omdat poësie jou enige tyd kan verlaat. Jy weet nie of jy nog 'n gedig, nog 'n bundel kan skryf nie. Jou vlak van selfvertroue in verband met iou wese as diater is baie prekûr.- Antjie Krog
Daar is darm meer as genoeg Antjie Krog-digbundels, vertalings en vele meer beskikbaar.
Haar mees onlangse digbundel, 'Plunder', is in 2022 vrygestel.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
VOTE: What was the best Drive moment in 2024?
We've been counting down the 12 Days of Rob and Roz, and we're putting t...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
VIDEO: Why Dolly Parton's husband has never attended events
As a veteran in the entertainment industry, the 'Jolene' singer has mana...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago