EKSKLUSIEF: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel meer oor 'Een Keer Om Die Son' se nuwe seisoen

EKSKLUSIEF: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel meer oor 'Een Keer Om Die Son' se nuwe seisoen

Een van Suid-Afrika se gunsteling-glanspaartjies deel meer oor die tweede seisoen van hulle gewilde dramareeks 'Een Keer Om Die Son' en waarna kykers kan uitsien.

EKSKLUSIEF: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel meer oor 'Een Keer Om Die Son' se nuwe seisoen
Verskaf

Die dramareeks 'Een Keer Om Die Son' was in 2024 'n reusetreffer. 

Voor die premiere van die eerste seisoen, het Roberts en Botha met The Drive with Rob and Roz kom gesels oor die opwindende nuwe reeks.

LEES: Alles wat jy moet weet oor die Afrikaanse weergawe van 'The Office'

Nou hoef aanhangers van die program nie meer in spanning en afwagting te sit nie.

Die goeie nuus is dat die Van Wyks ons vir nog ’n omwenteling gaan neem wanneer die nuwe seisoen op 20 Januarie op kykNET begin.

LEES: Seven foods banned by the British Royals

'Een Keer Om Die Son' se tweede seisoen skop op Nuwejaar af, maar hierdie keer is die Van Wyks nie almal saam om dit te vier nie.

Die lewe het sy pad geloop, en elkeen het hul eie uitdagings – nie net op die eerste dag van die jaar nie, maar ook in die 12 maande daarna. 

LEES: Kylie Jenner receives backlash for Golden Globes picture

Onder die uitdagings tel aanvaarding vind, tweede kanse aangryp, verslawing, lewensveranderende mediese probleme en elkeen se soeke na hulle plek in die familiekring.

Jacques Bessenger is weer te sien as Dr. Ruan van Wyk, ’n neuroloog wat sy werk soms voor ander prioriteite plaas. 

LEES: Popular SA retailer alerts shoppers to online scam

Jana Kruger is Lani van Wyk, wat in die eerste seisoen oorlede is en wie se dood meer vrae as antwoorde gelos het.

Ruan en Lani se kinders is Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), en in seisoen 2 het elkeen ’n uitdaging wat in hulle pad staan.

LEES: Family play Afrikaans 30 Seconds and the results are hysterical!

Albert Maritz is te sien as Sebastian, die afgetrede professor in insektekunde, en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is.

Amé (Donnalee Roberts), Ruan se jonger suster, se huwelik het in die eerste seisoen op die rotse beland. 

WATCH: Hilarious Instagram video shows different side to SA vacations

’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt (Cindy Swanepoel), ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is.

Die reeks is deur Ivan Botha, Donnalee Roberts, Liani Jansen van Rensburg, Marista van Eeden en Almero Welgemoed geskryf. 

Ivan, Donnalee, en Danie Bester is die vervaardigers, en Ivan is die regisseur. 

LEES: SA YouTuber shares seven helpful tips for new drivers

The Drive with Rob and Roz is baie opgewonde om weer met Botha en Roberts te kuier en gesels oor die nuwe karakters, die drama wat hulle gaan bring en die vrae van seisoen een wat hopelik in seisoen twee beantwoord gaan word.

Luister hier:

Die tweede seisoen van 'Een Keer Om Die Son' begin op Dinsdag 20 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Verskaf

More on Jacaranda FM


Show's Stories