Emo Adams gee 'n voorsmakie van nuwe kykNET-program, 'Oppi Noot'
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Van die vervaardigers van 'Noot vir Noot' en 'Musiekroulette' kom 'n nuwe opwindende speletjiesprogram, 'Oppi Noot'.
Van die vervaardigers van 'Noot vir Noot' en 'Musiekroulette' kom 'n nuwe opwindede musiekspeletjiesprogram, 'Oppi Noot'.
VIDEO: Fun family activities in Hartbeespoort!
In 'Oppi Noot' ding sangers teen mekaar mee in 'n reeks uiteenlopende en vermaaklike sanguitdagings.
Dit is verseker nie 'n realiteits-TV-sangkompetisie nie.
Die sangers sal punte verdien vir hulle prestasie in die verskillende speletjies. Hoe meer liedjies 'n deelnemer kan sing, hoe beter.
Drie sangers sal aan elke episode deelneem, en daar is in elke program kontant om te wen.
LISTEN: Listener makes a major confession!
Die sangers word deur 'n orkes, onder leiding van Jaconell Mouton, begelei. Onder die deelnemers is almal van professionele sangers tot studente, 'n projekbestuurder en ’n eiendomsagent. Hulle het egter een ding gemeen: Hulle wil wys hulle kan sing.
LISTEN: How much of the 2000s do you remember?
Die prettige Emo Adams is die aanbieder van die nuwe program!
Hy het besluit om saam Rob Forbes en Rozanne McKenzie hierdie gesellige speeltjie te kom speel.
'Oppi noot' sit die eerste noot in op 5 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
2016 Rob Forbes and Rozanne McKenzie vs 2026
Take a trip with us as we turn back the clock to 2016...
The Drive with Rob & Roz 20 hours ago -
Basketball star comes out as gay
The retired athlete shared more about his romantic life for the first ti...
The Drive with Rob & Roz 21 hours ago