FOTO'S: President Ramaphosa ontmoet vir Prinses Kate

FOTO'S: President Ramaphosa ontmoet vir Prinses Kate

President Cyril Ramaphosa se staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk was 'n reuse sukses. 

Kate Middleton
@RoyalFamily/X

Koning Charles III het Dinsdag Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa in Londen verwelkom vir sy eerste staatsbesoek.

Charles en koningin-gemaal Camilla was saam met die troonopvolger Prins William en sy vrou Catherine om Ramaphosa en presidentsvrou Tshepo Motsepe te groet met 'n seremoniële verwelkoming by Horse Guards Parade in sentraal-Londen.

Die twee dae lange staatsbesoek was die eerste sedert Charles koning geword het ná die dood van sy ma, koningin Elizabeth II, in September. 

Dit kom meer as 'n dekade ná die laaste deur ’n Suid-Afrikaanse-leier, toe Jacob Zuma in 2010 na die VK gekom het.

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories