Francois Jacobs, Chris Jaftha gesels oor gewaagde Afrikaanse film

Francois Jacobs, Chris Jaftha gesels oor gewaagde Afrikaanse film

'Khaki Fever' draai om 'n groep wildbewaarders wat mekaar uitdaag om te sien wie die meeste toeriste oor die loop van die toerisme-seisoen bedtoe kan vat...

Francois Jacobs, Chris Jaftha gesels oor gewaagde Afrikaanse film
Verskaf/Showmax

Showmax het pas dié mees gewaagde komedie vrygestel.

'Khaki Fever' draai om 'n private oord se groep wildbewaarders wat mekaar uitdaag om te sien wie die meeste toeriste oor die loop van die toerisme-seisoen bedtoe kan vat. 

LEES: SA content creator explains why Hawks raided his house

Die prys? Die gesogte "Khaki-koning"-titel, asook al die verloorders se fooitjies… 

Die uitdaging? Om vir 'Anel', die konserwatiewe oordbestuurder, in die donker te hou nadat sy dit duidelik maak dat enigiemand wat met die gaste betrap word, summier afgedank sal word.

'Khaki Fever' is Brett se tweede komedie as regisseur – dit volg op die sukses van 'Daryn's Gym', wat in 2022 by die internasionale rolprentfees in Rotterdam meegeding het.

LEES: South African intersection named one of the 'Most Stressful' in the world

Brett het 'Khaki Fever' saam met sy man, Nick Ahlers, geskryf. Hulle het die film saam met Paulo Areal (Ellen Pakkies) vir Nostalgia Productions vervaardig. 

Hulle sê jy moenie met diere of jou lewensmaat werk nie, maar Nick en Brett het albei hierdie dinge gedoen.

Die Emmy-bekroonde rolverdelingsregisseur Christa Schamberger het Brett en Nick gehelp om die veldwagters te kies.

WATCH: Lioness hunts zebra right next to tourists

Die Safta-benoemde Top Billing-aanbieder Christopher Jaftha staan aan die hoof van die rolverdeling as 'Daniel'. Hy speel teenoor vier akteurs wat vir die vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV benoem is: Anja Taljaard en Trix Vivier (albei 'Juffrou X'), Liam Bosman ('Een Keer Om Die Son'), en Ilse Klink ('Nêrens, Noord-Kaap'). 

Ook die sanger Abel Knobel, Francois Jacobs (óftewel Kaalgat Karel) en Sean Brebnor ('Getroud Met Rugby') verskyn as veldwagters.

LISTEN: Ben Rodrigues chats about brand-new single 'Homesick'

'n Klompie leeus, kameelperde, hiënas, en ’n ratse Franse bulhond genaamd Chardonnay, maak ook deel van die rolverdeling uit. 

Die Safta-benoemde Loki Rothman ('Koek') het die musiek gekomponeer en 'n oorspronklike temalied vir die film geskep, gepas getiteld 'Khaki Fever'.

Chris Jaftha en Francois Jacobs het met Rob en Roz kom gesels oor die film op almal se lippe:

Stroom 'Khaki Fever' op Showmax vanaf Vrydag 5 September.

Kyk die lokprent hier.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Verskaf/Showmax

More on Jacaranda FM


Show's Stories