Geliefde mediapersoonlikheid Katinka Die Kat verwelkom eersteling
Updated | By Jacaranda FM
Internetsensasie en TV-ster, Katinka Oosthuizen, is beter bekend as 'Katinka die Kat', maar sy is nou Katinka die Mamma!
Katinka is een van Suid-Afrika se mees bekende sosialemediapersoonlikhede.
READ: 'Not cheap' - This is how much Kim Kardashian spends on glam
Haar aanhangers is mal oor haar snaakse videos, haar plat-op-die-aarde persoonlikheid en haar eerlikheid.
In 2024, het Oosthuizen deur 'n moeilike tyd in haar persoonlike lewe gegaan, wat sy met haar aanhangers gedeel het.
Deur haar hartbreek het sy nogsteeds positiwiteit gedeel, maar sy was ook eerlik in haar kwesbaarheid.
READ: Comedian Jason Goliath talks season 2 of 'Dating #NoFilter South Africa'
Teen die einde van 2024, het sy 'n nuwe liefde gevind en 2025 het groot planne gehad vir haar en haar kêrel, Ludwig Conradie.
In April, het die paartjie die opwindende nuus gedeel dat hulle hulle eerste kind verwag!
READ: Meet the ladies of 'The Real Housewives Ultimate Girls Trip: Africa'
Oosthuizen het aan Maroela Media gedeel dat dit goeie nuus was, maar 'n bietjie onverwags.
Die maande het verby gevlieg en Oosthuizen het haar aanhangers saamgebring vir elke deel van haar swangerskap.
Op 11 Oktober het sy en Conradie uiteindelik hulle babaseuntjie, Luka, verwelkom.
Die nuwe ma het 'n video gedeel van die geboorte, hulle eerste paar dae as ouers en ander oulike Luka oomblikke.
Kyk hier:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: @katinkadiekat_official/Instagram
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
The new tiny vehicle trend taking SA by storm
Any moment can become a viral moment with South Africans’ sense of humour.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 22 hours ago -
Minister sê vir man op krukke: "Jou ma se p**s"
Die tipe goed wat jy net in Suid-Afrika sal sien…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 9 hours ago