Jack Parow praat oor Dricus du Plessis, nuwe musiek en die 'alternatiewe skouspel'
Updated | By Jacaranda FM
In 2009, het hy die land op hol gehad met sy eerste vrystelling, 'Cooler As Ekke', maar daar is steeds geen keer aan Jack Parow.
Jack Parow is die ou met die snor by die bar, die Afrikaanse-rapper en 'n kontroversiële ikoon.
LUISTER: Eben Etzebeth opens up about his WWE dreams, Rassie Erasmus and more
In 2009, het hy die hele land op hol gehad met sy eerste vrystelling, 'Cooler As Ekke'.
Dit was net die begin...
Parow het vir almal gewys dat hy nie net 'n "one-hit-wonder" is nie, maar dat hy hier is om te bly.
LUISTER: 'As mense my boere aanvat, word ek opgevuur' - Reandi Grey
Nou spog hy met menigte goud- en platinum-albums, sy eie musiekfees in Nederland, Parow Brandy, twee dokumentêre, 'n film, sowel as mode- en musiekkollabs. Met sy unieke styl en liriese digkuns bring hy jaar na jaar, treffer na treffer, iets nuuts.
Ek het PAROWFEST [in Nederland] en dis my groot 'show' daar. Ek's baie dankbaar vir dit. Ek is gelukkig genoeg om deur 'n groot besprekingsagentskap daar geteken te wees. Hulle kyk regtig goed na my en partykeer, hulle 'book' A$AP Rocky, en dan wonder ek hoekom 'book' julle hierdie weird, skoof, Afrikaans oke van Suid-Afrika- Jack Parow
Net wanneer jy dink jy weet wat Jack Parow volgende gaan doen, verbaas of skok hy jou.
READ: Join the Drive with Rob and Roz Superbru and WIN
Hy is die ambassadeur van goeie tye, en almal wil partytjie met Parow.
Almal wil ook met Parow-musiek maak – van Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke tot legendes soos David Kramer en Koos Kombuis.
LISTEN: Introducing the official Drive with Rob and Roz wake up alarms!
https://www.jacarandafm.com/shows/drive/listen-introducing-official-drive-rob-roz-wake-alarm/
Een van Parow se hoogtepunte van die jaar is die Francois van Coke en Vriende-optrede wat elke jaar plaasvind.
Ons kry nie die kans om mekaar regtig te sien nie. Die tye wat ons bymekaar kom is altyd spesiaal en 'n jol. Dis amper soos 'n reunie. Dis amper lekkerder vir ons as die 'crowd'. Dis so 'n spesiale 'show'.- Jack Parow
READ: 'Suits' actor tries to guess meaning of SA words
Alhoewel hy ouer en moontlik wyser is as toe hy eers op die Suid-Afrikaanse musiektoneel verskyn het, wys hy geen teken van ophou nie en is daar geen teken dat hy sy lang kep gaan ophang nie.
Met sy besige skedule is dit moeilik om tyd te vind om liedjies te skryf, maar hy werk tans aan sy volgende album.
As jy Taylor Swift is kan jy twee jaar afvat om te skryf, 'n jaar lank toer en miljoene maak. As Suid-Afrikaanse kunstenaars is ons altyd besig om op te tree en te 'hustle', so dis moeilik om die tyd te kry. Maar ek dink heeltyd daaraan, en as ek aan 'n lyn dink of iemand sê iets snaaks, skryf ek dit neer.- Jack Parow
Luister die volle onderhoud hier:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Geliefde vermaaklikheidster Soli Philander sterf
Die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidster was 65.
Breakfast with Martin Bester 3 hours ago -
How much the highest-paid Proteas players earn
These are the highest-earning Proteas players…
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago