Jana Kruger en Melissa de Vries gesels oor nuwe kykNET-drama 'Die oord'
Updated | By Jacaranda FM/kykNET
'Die oord' is ’n splinternuwe spannende dramareeks met 'n sterbelaaide rolverdeling en 10 episodes wat jy definitief nie wil mis nie.
’n Vakansiedorp aan die kus.
Families wat al vir geslagte by dieselfde karavaanpark uitspan.
Kinders wat op die strand speel. Braaivleis onder die bome.
Alles is idillies... tot daar ’n lyk op die strand uitspoel.
Die idee vir 'Die oord' broei al lank in my. As kind het my ma ons elke Desember Swartvlei-karavaanpark toe gesleep – see toe.- Christiaan Olwagen (Draaiboekskrywer)
Olwagen verduidelik dat 'n karavaanpark amper sy eie ekologie het, met "klein hiërargieë, ongeskrewe reëls, bondgenootskappe en wrywing wat oor dae opbou."
In 'Die oord' is Martie Pretorius (Jana Kruger) ’n kriminoloog wat vir die eerste keer in jare met vakansie gaan.
Haar seun, Paul (Liam Bosman), is op universiteit, en hulle sien mekaar min.
Martie is oortuig hierdie vakansie by die Seerust-kampterrein in die fiktiewe Kalfiebaai by haar suster, Elsabé (Erica Wessels), en haar gesin kan hulle net goed doen.
Die vakansie ontrafel wanneer 'n tienerseun se liggaam op die strand gevind word and nou is almal 'n verdagte.
Brandi Jacobs (Melissa de Vries) van die plaaslike polisie dink dit is die bendes van die Kaap, maar Martie het 'n ander teorie.
The Drive with Rob and Roz het met Jana Kruger en Melissa de Vries gesels oor die reeks, hulle karakters en die verskil tussen afgetrek word in Gauteng en die Kaap:
Die regisseur van 'Die oord' is Eva du Preez, en die reeks is in en om die Kaapse Skiereiland, van Kommetjie tot Melkbosstrand, asook in die noordelike voorstede van Kaapstad, verfilm. Die vervaardigers is Wolflight Films, onder leiding van Roelof Storm, wat ook vir die Safta-benoemde dramareeks Niggies verantwoordelik was.
Meer oor die karakters en spelers:
- Martie Pretorius (Jana Kruger) is ’n kriminoloog en haar seun, Paul (Liam Bosman), is ’n student.
- Die Cilliers’s is Elsabé (Erica Wessels), Drikus (Laudo Liebenberg) en hul seun, Stefan (Heinrich Wentzel). Martie en Elsabé is susters.
- Brandi Jacobus (Melissa de Vries) en Stoffel Cupido (Clayton Evertson) is verbonde aan die SAPS. Brandi se oom, Eddie (Zane Meas), is hoof van die SAPS-stasie op Kalfiebaai.
- Die Groenewalds, wat ook al jare by Seerust-kampeerterrein vakansie hou, is Juanita (Amalia Uys) en Braam (Zak Hendrikz) en hulle twee kinders, Joshua (Angelo Johnson) en Marioli (Luandri Reynders).
- Lukas du Preez (Jacques Bessenger) is ’n wewenaar-predikant wat op Kalfiebaai saam met sy dogter, Mia (Minke Marais), woon.
- Miems Louw (Nicole Holm) is die eienaar van die winkel by Seerust-kampeerterrein en het twee kinders, Jacomien (Christie van Niekerk) en JP (Damian de Villiers).
- Hester Bruwer (Antoinette Kellermann) is die burgemeester van Kalfiebaai. Haar man is Thys (Chris van Niekerk).
- Witblits (Carel Nel) is die dorp se hawelose wat oë en ore oral het.
'Die oord' begin op 14 April op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf/kykNETMeer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Feel Good 40th birthday Secret Sound
Join in on the celebrations to get something out, thanks to OUTsurance.
Breakfast with Martin Bester 1 day, 18 hours ago -
Why White River is one of the best small towns in SA
Breakfast with Martin Bester visited the small town of White River during …
Breakfast with Martin Bester 2 days, 4 hours ago