LUISTER: Rob Forbes en Rozanne McKenzie se eerste liedjie 'Wit Warm Boude' is hier!

LUISTER: Rob Forbes en Rozanne McKenzie se eerste liedjie 'Wit Warm Boude' is hier!

Julle het gevra en ons het geluister... 

LUISTER: Rob en Roz se eerste liedjie 'Wit Warm Boude' is hier!
Jacaranda FM

Dit was 'n normale Maandagmiddag toe Ivan Botha, Donnalee Roberts, Bobby van Jaarsveld, en Brendan Peyper vir ons kom kuier het.

Met Ivan en Donnalee het ons gesels oor die nuwe seisoen van hulle program 'Een Keer Om Die Son' en Bobby en Brendan het vir ons vertel van hulle avonture deur Amerika.

Toe al die gaste weg was, het Jacaranda FM Nuusleser Marlinée Fouché in die verbygang iets gevra wat almal onkantgevang het.

"Watter een van die gaste het die stoel die warmste gesit?"

Twee van die vier gaste moes haar stoel gebruik tydens die onderhoude en volgens haar was een se boude baie warmer as die ander.

Voordat ons weer kon sien, het Rozanne McKenzie 'n deuntjie gesing wat onmiddelik in almal se koppe vasgesit het.

So was 'Wit Warm Boude', die eerste Drive with Rob and Roz liedjie, geskep.

Vir weke het ons Jacaranda FM-luisteraars geterg.

Maar nou is dit hier en niemand was reg vir die nuutste, grootste, Afrikaanse treffer van 2026 om 'Wit Warm Boude' te wees nie.

Luister 'Wit Warm Boude' hier:

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Jacaranda FM

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories