Model Marciel Hopkins wys haar eersteling

Model Marciel Hopkins wys haar eersteling

Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Handrè Lourens, is ouers!

Marciel Hopkins-Lourens
Instagram/ Marciel Hopkins-Lourens

In September 2024, het die model en TV-aanbieder, Marciel Hopkins-Lourens, aangekondig dat haar reis as die aanbieder van die gewilde maatsoekreeks, 'Boer Soek 'n Vrou', tot 'n einde kom.

KYK: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish

Nou is Hopkins-Lourens reg vir die volgende seisoen van haar lewe.

Hopkins-Lourens en haar man, Handrè Lourens, het Sondag, 12 Januarie, aangekondig dat hulle hul eerste "klein bondeltjie vreugde" verwag.

Nou is daardie bondeltjie vreugde hier!

KYK: Man causes outrage during first bunny chow tasting

Hopkins-Lourense het die groot nuus op sosiale media gedeel saam met die eerste foto's van baba Halki Hopkins-Lourens.

In haar onderskrif het Hopkins-Lourens verduidelik waar sy unieke naam vandaan kom: "Halki is named after one of our all time favourite days and 2024 experiences in Greece. We stumbled upon a picturesque little village that was supposed to be a quick coffee stop, but it ended up consuming us for a whole day. We were mesmerised by every little detail of this magical village in the mountains of Naxos."

Halki is gelukkig en gesond gebore op 2 Julie 2025.

Die paartjie het die swangerskap vir so lank as moontlik 'n geheim gehou, maar nou dat hulle die aap uit die mou uit gelaat het, is daar nog wat hulle wil deel.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: @marcielhopkins/Instagram

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories