Wes-Kaap skool verbied selfone vir 'veiliger en meer gebalanseerde leeromgewing'
Updated | By Jacaranda FM
Daar is 'n groeiende lys van Suid-Afrikaanse skole wat by die selfoonvrye beweging aansluit.
Paarl Gimnasium word geag as een van die top skole in Suid-Afrika met hulle presasies in sport, kultuur en akademie.
READ: South African private schools face serious SARS change
Alhoewel hierdie prestasies belangrik is vir die skool, is hulle nuutste aankondiging gefokus op die emosionele en sosiale welstand van hulle leerders.
Paul Viljoen, die skoolhoof, het vir Netwerk24 gesê die besluit om selfone te verban is deeglik met die VRL, ouers en beheerliggaam bespreek en goed nagedink.
READ: Group of school boys spreading cheer become viral Christmas sensation
Daar is ook baie navorsing gedoen.
Internasionale studies bewys sonder twyfel dat die konstante beskikbaarheid van slimfone leerlinge se konsentrasie, geheue, studietegnieke en leergewoontes nadelig beïnvloed.- Paul Viljoen (Paarl Gimnasium Skoolhoof)
Viljoen, wat sedert begin 2024 skoolhoof is, deel ook dat dieselfde proses ingestel is by sy vorige skool in Durban vier jaar terug.
READ: New Hope School: A brighter future for differently abled learners in Pretoria
Volgens Netwerk24 glo Viljoen en die ander onderwysers vas dat die uitskakeling van selfone 'n betekinsvolle en positiewe impak gaan hê.
In 'n brief wat deur die skool aan ouers en voogde gestuur is is die verandering wat geimplementeer gaan word uiteengesit.
READ: 2026 school fee increases for private schools in SA
Vanaf 1 Januarie 2026 gaan die gebruik van selfone op die kampus tydens die eerste kwartaal stelselmatig uitgefaseer word.
Lees die volle brief hier:
Die beleidsverandering gaan baie werk vereis en die skool gaan baie aanpassings moet maak aan hulle eie kommunikasiemiddels en sisteme.
READ: Hardworking teen unable to finish matric due to financial hardship - Good Morning Angels
Daar sal ook uitsonderings gemaak word vir leerlinge wat hul selfone nodig het vir mediese doeleindes.
Ons wil hê ons kinders moet opkyk, mekaar in die oë kyk en mekaar se storie en waar elkeen vandaan kom, verstaan. Want dan het jy outomaties meer simpatie, empatie en omgee vir dié persoon.- Paul Viljoen (Paarl Gimnasium Skoolhoof)
Ander Suid-Afrikaanse skole wat selfoonvrye omgewings skep en selfone verbied:
- Hoërskool Jan van Riebeeck (Kaapstad)
- St. Cyprian's School (Kaapstad)
- Hoërskool Piketberg (Kaapstad)
- Riverwood College (Pietermaritzburg)
- HTS John Vorster (Pretoria)
- Gereformeerde Skool Dirk Postma (Pretoria)
- Hoërskool Oos-Moot (Pretoria)
- Hoërskool Wonderboom (Pretoria)
- Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn)
- St. John's College (Johannesburg)
- Jeppe High School for Boys (Johannesburg)
- St. Stithians College (Johannesburg)
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Getty ImagesMeer of Jacaranda FM
Show's Stories
-
Community members march for murdered runner Elizabeth Moselakgomo
The Kempton Park community and supporters from across political parties ma…
Breakfast with Martin Bester 9 hours ago -
'We are hoping we don’t get more bodies': Police spokesperson says moments before discovery of sixth body
Speaking to Breakfast with Martin Bester this morning, national police spo…
Breakfast with Martin Bester 1 day, 6 hours ago