‘Wit Warm Boude’ nou beskikbaar op jou gunsteling-stroomplatform!
Updated | By Jacaranda FM
Luister na ‘Wit Warm Boude’, die eerste liedjie van The Drive with Rob and Roz, op enige van jou gunsteling-stroomplatforms.
Die groot dag is uiteindelik hier!
Aan die begin van 2026 het Rob Forbes en Rozanne McKenzie die idee gekry om ‘n oorspronklike liedjie te skryf.
En ons luisteraars het in spanning gewag om te sien of dit ooit sal gebeur.
Na weke se harde werk, het ‘Wit Warm Boude’ vir die eerste keer op Jacaranda FM gespeel.
Die liedjie is beskikbaar op YouTube en ons potgooikanaal, maar daar was groter planne in die pyplyn.
Die span het eendag ‘n onverwagse epos van ‘n platemaatskapy ontvang wat gevra het of Rob en Roz ‘Wit Warm Boude’ ‘n behoorlike vrystelling wil gee.
Nou is The Drive with Rob and Roz se eerste liedjie beskikbaar op ‘n magdom verskillende platforms en Maart 13 sal veraltyd ‘Wit Warm Boude’-dag wees!
Luister na ‘Wit Warm Boude’ oor en oor of gebruik dit vir jou volgende Instagram reel!
Lys van stroomplatforms:
- iTunes
- Deezer
- Spotify
- YouTube Music
- Tidal
- Amazon
- Nuuday
- Pandora
- KKBox
- iMusica
- IHeartRadio
- Anghami
- Awa
- Tencent
- NetEase
- FacebookAudioLibrary
- FacebookRightsManager
- TikTok
- Boomplay
- Snap
- Peloton
- Audiomack
- Trebel
- JOOX
- Flo
- Lickd
Hoe ‘Wit Warm Boude’ ontstaan het
Dit was 'n normale Maandagmiddag toe Ivan Botha, Donnalee Roberts, Bobby van Jaarsveld, en Brendan Peyper vir ons kom kuier het.
Met Ivan en Donnalee het ons gesels oor die nuwe seisoen van hulle program 'Een Keer Om Die Son' en Bobby en Brendan het vir ons vertel van hulle avonture deur Amerika.
Toe al die gaste weg was, het Jacaranda FM Nuusleser Marlinée Fouché in die verbygang iets gevra wat almal onkantgevang het.
"Watter een van die gaste het die stoel die warmste gesit?"
Twee van die vier gaste moes haar stoel gebruik tydens die onderhoude en volgens haar was een se boude baie warmer as die ander.
Voordat ons weer kon sien, het Rozanne McKenzie 'n deuntjie gesing wat onmiddelik in almal se koppe vasgesit het.
So was 'Wit Warm Boude', die eerste Drive with Rob and Roz liedjie, geskep.
Vir weke het ons Jacaranda FM-luisteraars geterg.
Maar nou is dit hier en niemand was reg vir die nuutste, grootste, Afrikaanse treffer van 2026 om 'Wit Warm Boude' te wees nie.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Jacaranda FMMore on Jacaranda FM
Show's Stories
-
Rassie Erasmus to receive SA’s highest award for uniting the country
Rassie Erasmus will be recognised for advancing “social cohesion among Sou…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 7 hours ago -
West Rand man’s underwear car prank has SA in stitches
This is next-level pranking…
Breakfast with Martin Bester 2 days, 8 hours ago