Good Morning Angels: Charné's biggest dream comes true

Good Morning Angels: Charné's biggest dream comes true

Charné is a 27-year old with a dream. She just wants to be able to walk, normally again. She also wants to be able to use her hands, without feeling embarrassed. After much pain and many doctor’s visits,  she lost the toes and front part of her left foot as well as some of the tips of her fingers in 2011. 

foot

GOOD MORNING ANGELS 29 JUNE 2016



REQUEST FROM: Sandra Jacobs, Innibos


REQUEST FOR:  Charné Meintjes


ANGEL 1: The Good Morning Angels Fund 


SPONSORING: The GMA Fund will help Charné with the outstanding R30 000,00 needed for the making of a foot prosthesis   

 

ANGEL 2: De la Rey Pretorius from Pretorius, De Meulenaar en Assosiate


SPONSORING: De la Rey and his team will make the prosthetic foot for Charné. They will also make and sponsor the cost of prosthetic fingers for Charné (to the value of R28 000,00)  


BACKGROUND: Charné is a 27-year old with a dream. She just wants to be able to walk, normally again. She also wants to be able to use her hands, without feeling embarrassed. After much pain and many doctor’s visits,  she lost the toes and front part of her left foot as well as some of the tips of her fingers in 2011. It was later found that she’s diabetic, but it’s still not clear what had caused her blood to clot in such a way – at her nerve endings. Charné shared her dream with the organisers of the Innibos Festival. The theme of the 13th Innibos festival this year is “Dream Big” – and they want to make 13 dreams come true. Innibos asked Good Morning Angels to help make Charné’s dream come true.


charne innibos


Charne Image


ORIGINAL REQUEST:


My naam is Charné Meintjes.


My voet se naam is Limited. Ek en Limited wil graag ons grootste droom met julle deel. 


In die jaar 2011 het ek begin siek raak en gedurig pyne in my bene begin kry. Ek het maar pyn pille gedrink met die hoop dat die pyn uiteindelik sal verdwyn, dit het nie. Die pyn het later al hoe erger begin raak. Dit was later nie meer in my been nie maar het na my vingerpunte en voete versprei. 


Ek was later na die dokter vir raad, daarna het hy my dadelik opgeneem in die Hospitaal. Teen die tyd was die pyn so erg dat dit voel of my vingers en tone besig was om af te val. Dit het wel so gevoel maar het nooit deur my gedagte gegaan dat dit werklik besig was om te gebeur nie. My vingerpunte en tone het stelselmatig begin blou word en die dokters het toe besef dat my bloed gestol het op my senuweepunte.


Dit was te laat. Hierdie hele storie van pyn het gelei na swart, dooie, tone en vingerpunte en net nog meer pyn.

Na ontsettend baie behandeling en mediese kostes was die helfde van my voet geamputeer. Van hier af het Limited bestaan, as gevolg van hom was ek baie “gelimit”. Ek moes Hospitaal in en Hospitaal uit, 2 jaar in ‘n rolstoel (dalk n bietjie langer), weer opereer as gevolg van n drukseer wat net nie wou gesond word nie, my droom om eendag ‘n restaurant te he vergeet. My hele lewe het tot stilstand gekom. 


As dit nie vir my wonderlike engel ma Barbra Meintjes en verloofde Arrie du Toit en ONS HEMELSE VADER was nie sou ek dit gladnie kon deurmaak nie. Ek en Limited is nou hier , ons het dit gemaak  tot in 2016 en het geen meer druksere nie. 


Limited en my ring-vinger het nou ‘n “makeover” nodig. Ek sou net graag weer wil voel hoe dit voel om ‘n mooi sandaaltjie aan te trek en vir eens en vir altyd my verloofring aan my vinger kan wys sonder dat ek skaam voel en hom maar afhaal en wys met die ander hand.


Ek sal weer heel voel met prostese, ek het al gesien hoe realisties dit lyk, en bonop kan ‘n mens  gaan vir ‘n manicure en pedicure met hierdie slim tone. 


Innibos, my grootste droom is nuwe tone en vingerpunte. Dit sal die wereld vir my beteken as Innibos dit vir my moontlik kan maak. As dit eendag sou realiser en Innibos kan my help, herdoop ek vir Limited, omdat hy my nie meer gaan “limit” nie maar Limited Edition want hy is tog die enigste in sy soort.


As gevolg van die amputasie is dit vir my baie moeilik om te loop. EK loop baie ongemaklik op ‘n onnatuurlike wyse, wat n drukseer veroorsaak het op die onnatuurlike drukpunt onder my voet. Omdat ek ‘n diabeet is, is dit ongelooflik moeilik vir n drukseer om te heel. Die proses van genesing van sere vind baie stadig plaas in diabete, party keer soms nooit. Vir my om te loop sonder prostese sal in die toekoms weer druksere veroorsaak en kan dan lei tot verdere amputasie. Met prostese sal ek meer natuurlik kan loop en al die gewig op my voet sal meer eweredig versprei word oor die hele oppervlakte van my voet.

Baie Dankie aan Tannie Sandra Jacobs  wat bereid is om my omstandigehede met my te kan deel.


Charné Meintjes 

Xxx


Show's Stories